Tuisleerlinge vaar baie beter
Beeld 30/01/2004 23:07 - (SA)
Alet Rademeyer
Die basiese geletterdheid en syfervaardighede van leerlinge wat tuis onderrig word, is baie beter as dié van leerlinge in openbare skole.
Dít is een van die bevindings in 'n studie wat me. Dierdré Bester, 'n Pretoriase onderwyseres, vir haar meestersgraad aan Unisa gedoen het.
Bester het die universiteit se raadsmedalje gekry vir haar tesis oor tuisonderrig. Die tema van haar verhandeling is "Die effek van tuisskoling op die sosiale ontwikkeling en akademiese prestasie van die pre-adolessent".
Sy het in haar studie bevind die tuisleerlinge in gr. 4 is gemiddeld 90,5% geletterd, teenoor die 48,1% van leerlinge in openbare skole. Tuisleerlinge se gemiddelde persentasie vir syfervaardighede is 82,4% teenoor die 30,02% van dié in openbare skole.
Tuisleerlinge se vaardighede in lewensoriëntering is ook baie beter (81,7%) as dié van leerlinge in openbare skole (47,11%).
Bester het die sogenaamde MLA-toets gebruik om die akademiese standaard van tuisleerlinge met dié van hul eweknieë in openbare skole te vergelyk. Dit is dieselfde toets wat die onderwysdepartement, Unesco en Unicef gebruik het om die prestasie van gr. 4-leerlinge in openbare skole te meet. Altesame 166 tuisleerlinge is by haar studie betrek.
Volgens Bester kan die gevolgtrekking gemaak word dat die akademiese prestasie van tuisleerlinge aansienlik hoër is as dié van leerlinge in openbare skole. "Dit lyk of tuisleerlinge nie akademies benadeel word nie, maar eerder bevoordeel word."
Om tuisleerlinge se sosiale ontwikkeling te meet, is onderhoude met hulle gevoer en hulle moes vraelyste voltooi. "Uit die resultate lyk dit of tuisleerlinge gemiddeld tot goed aangepas is.
"Dit was duidelik dat hul ouers baie moeite doen om hulle gereeld met ander kinders in aanraking te bring," meen Bester.
Sy meen haar navorsing bevestig dat tuisleerlinge nie akademies of sosiaal benadeel word nie. "Die voorbehoude wat die onderwysdepartement rondom tuisonderrig het, behoort opgehef te word sodat die leerlinge meer geredelik registreer kan word," het sy gesê.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1476804,00.html
Onderwys - Beeld hoofartikel
02/02/2004 19:05 - (SA)
Die stelsel van uitkomsgerigte onderrig (UGO) wat tans in Suid-Afrikaanse skole toegepas word, is die internasionale norm en die Suid-Afrikaanse jeug pas aan die hand daarvan dus in by 'n wêreldwye opvoedingspatroon - iets wat nie in beginsel gekritiseer kan word nie.
Dit is egter onaanvaarbaar as die vlakke van basiese vaardighede in taal, wiskunde en logiese vermoëns wat die nuwe stelsel ontwikkel, laer is as onder die vorige stelsel.
Tog is dit presies die slotsom waartoe verskeie opvoedkundige sielkundiges die afgelope tyd gekom het.
Hulle het bevind kinders op skool se IK het gedaal sedert UGO ingestel is en wys daarop dat IK nie aangebore is nie, maar eerder dui op 'n akademiese potensiaal wat verwerf word.
Die onderwysowerheid durf nie rondspeel met ons kinders se lewens en die land se toekoms nie. Daar behoort spoedig en op 'n deursigtige wyse ondersoek ingestel te word na die bewerings.
http://www.news24.com/Beeld/Hoofartikels/0,,3-65_1477863,00.html
'Skole se integriteit in gedrang'
Beeld 26/01/2004 22:52 - (SA)
Alet Rademeyer
Gr. 9-leerlinge in Gauteng wat verlede jaar gedruip het omdat hulle nie die minimum van 35% in wiskunde behaal het nie, móét na gr. 10 oorgeplaas word.
Só lui 'n omsendbrief wat die provinsiale onderwysdepartement verlede week uitgestuur het. Teen Maandag het dit nog nie alle skole bereik nie.
Luidens die brief het die departement besluit om dié "toegewing" ook aan vanjaar se gr. 9's te doen.
Die departement het einde 2002, ná "deeglike bestudering van modereringsverslae", ontdek 'n groot getal leerlinge voldoen aan die ander nodige vereistes om na gr. 10 oorgeplaas te word, maar dat hulle minder as 35% ("nie behaal nie") vir wiskunde gekry het.
Die aanvanklike vereistes was "bereik" (40% tot 69%) vir wiskunde én taalgeletterdheid en kommunikasie, en "gedeeltelik bereik" (35% tot 39%) vir die ander ses leerareas.
Om vir kondonering (wanneer iemand wat in die eksamen gedruip het, tog deurgesit word) in aanmerking te kom, moes 'n leerling onder meer 35% tot 39% in wiskunde of taalgeletterdheid behaal en 40% tot 69% in sy ander vakke.
Die omsendbrief bevat 'n opdrag aan skole om gr. 9-leerlinge deur te sit wat nie die minimum van 35% vir wiskunde gekry het nie. Die rede wat die departement hiervoor aanvoer, is verslae wat toon skole is nie gereed is om wiskunde volgens die uitkomsgebaseerde benadering aan te bied nie.
Die departement sê dié druipelinge kan na gr. 10 oorgeplaas word op voorwaarde dat hulle wiskunde nie as vak neem nie.
Dit sal egter nie in die toekoms gedoen kan word wanneer die nuwe verdere onderwys- en opleidingsertifikaat (VOO) in werking tree en wiskunde verpligtend word nie.
Die VOO-kurrikulum vir gr. 10 sal in 2006 ingestel word.
Verskeie hoofde het Maandag hul ontsteltenis oor die brief uitgespreek en meen dit is 'n klap in die gesig van skole wat 'n hoë peil probeer handhaaf.
"Dit bevestig die gemors rondom uitkomsgebaseerde onderrig (UGO). Waar het jy al ooit gesien leerlinge wat nog nie eens die vak deurloop het nie, kry 'n vergunning dat hulle 'deurgesit' sal word," het een gevra, met verwysing na die vergunning vir vanjaar se gr. 9's.
Me. Louisa Venter, hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in Gauteng, het gesê: "Besluite soos dié is onaanvaarbaar. Dit bring die geloofwaardigheid en integriteit van die onderwysstelsel in gedrang.
"Dit laat mense onderwysstandaarde al meer bevraagteken."
Sy meen dit is teleurstellend vir onderwysers en skole wat uiteindelik 'n goeie leerling wil oplewer wat sy brood ná skoolopleiding kan verdien.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1474512,00.html
Gr. 8's leer spel en tel
Beeld 21/01/2004 11:09 - (SA)
Alet Rademeyer
Die gebrekkige taal-, spel- en syfervermoë van baie gr. 8-leerlinge noop verskeie skole om die gebruiklike oriënteringstyd van twee weke eerder te gebruik om leerlinge lees- en syferkursusse te gee.
Een van die skole waar daar uit die staanspoor aan die nuwelinge se vaardighede geskaaf word, is die Hoërskool Vorentoe in Johannesburg.
Mnr. Lucas Viljoen, skoolhoof, sê die doel hiermee is om leerlinge te help sodat hulle nie later 'n nóg groter agterstand het nie. Volgens hom is dit nie net parallelmediumskole wat met dié probleem worstel nie.
"Al hoe meer kinders sukkel om te lees en te skryf wanneer hulle op hoërskool kom. Ons help hulle net so vroeg ons kan."
Dr. Chris Kotzé, hoof van die Hoërskool Die Burger aan die Wes-Rand, sê dié skool het oorbruggingskursusse as deel van sy "verbeteringsplan vir die skool" wat daarop fokus om leerlinge se vaardighede te verbeter.
Volgens hom is daar beslis 'n groot leemte by van die leerlinge ná hul laerskoolloopbaan. Die skool maak ook gebruik van "uitblinker-tutors" om medeleerlinge in sekere vakke te help.
'n Onderwyseres aan 'n laerskool aan die Oos-Rand wat anoniem wil bly, meen laerskole weet talle leerlinge het nie die nodige vaardighede as hulle op hoërskool kom nie.
" 'n Deel van die probleem is dat leerlinge nie mag druip nie en beleid wat bepaal dat as 'n onderwyser verstáán wat 'n kind bedoel, sy werk reg gemerk moet word, al is dit vol (spel)foute."
Mnr. Jackie Tredoux, hoof van die Hoërskool Tuine in Pretoria, beaam dat baie leerlinge se vaardighede swak is. Hy sê dit is verstommend hoeveel foute leerlinge begaan as hulle gevra word om hul adresse neer te skryf.
" 'n Kind loop jare by sy straatnaambord verby, maar steeds weet hy nie hoe om dit reg te spel nie…"
Volgens Tredoux het hulle nie spesiale programme nie, maar in die taal- en wiskundeklasse word veral op dié leemtes gefokus. Die skool bied ook deurentyd hulpklasse in wiskunde aan.
Mnr. Sarel du Toit van die Hoërskool Elandspoort in Pretoria sê sy skool het ook dié probleem. Wat hy al opgemerk het, is dat leerlinge wat van Afrikaanse of stadslaerskole kom en hoofsaaklik in Afrikaans onderrig is, meer sukkel as hulle op hoërskool kom en verkies om in die Engelse klas te wees.
"Daar is egter enkele swart leerlinge wat op hoërskool verkies om verder in Afrikaans onderrig te word omdat hul vaardigheid in dié taal beter is as in Engels."
Hy meen hoewel leerlinge met 'n gebrekkige taal- en syfervermoë by die skool aankom, is hul vaardighede baie beter ontwikkeld wanneer hulle matriek aflê.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1472270,00.html
Neem vakke op standaardgraad'
Volksblad 14/01/2004
DEON DE LANGE
JOHANNESBURG. - "Neem eerder vakke op standaardgraad as jy nie van plan is om universiteit toe te gaan nie."
Dit is die raad wat mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, gister aan leerlinge van die Hoërskool President in Johannesburg gegee het. Asmal was op die eerste skooldag van die nuwe jaar op 'n blitsbesoek aan skole in Gauteng en meen die skooljaar het goed begin.
"Onthou, dit is makliker om te druip as jy vakke op hoër graad neem," het hy gesê.
In teenstelling met die regering se strewe om leerlinge aan te moedig om tersiêre opvoeding te ondergaan, het Asmal gesê leerlinge moet hulle nie bemoei met die hoër graad tensy hulle planne het om universiteit toe te gaan nie.
Dié pleidooi druis lynreg in teen die departement se vroeëre kritiek teen skole wat hul leerlinge aanmoedig om vakke op standaardgraad te neem om hul slaagsyfer te verbeter.
Asmal het leerlinge ook aangeraai om nie vakke te neem wat "nutteloos" is nie. "Daar sit onderwysers hier wat ontevrede sal wees as ek dié vakke noem."
Hy het daarop gesinspeel dat vakke soos rekeningkunde nie as die alfa en die omega beskou moet word nie.
Asmal het sy kommer uitgespreek oor die neiging onder leerlinge om vakke soos geskiedenis en aardrykskunde te vermy en eerder vakke te kies waarmee hulle glo hulle sal die beste kans hê om werk te kry.
"Werkgewers verkies jong mense met wye denke en 'n breë begrip van die lewe en nie noodwendig skoolverlaters met 'n spesifieke vakkennis nie.
" 'n Vak soos geskiedenis bied so 'n begrip. Neem eerder vakke wat jou nuuskierig en opgewonde maak."
In 'n vergelyking met die "Neanderdalse" soort rugby wat deesdae in Suid-Afrika gespeel word, het Asmal gesê leerlinge moet eerder probeer om flink en oorspronklike denke na te streef.
Die minister het ook verwys na kulturele, godsdienstige en geslagsverdraagsaamheid."Anders as in Frankryk, waar Moslems in skole verbied word om serpe te dra, word vryheid van geloof in ons Grondwet gewaarborg."
Kan dié skoolgeld dan nie laer, vra Asmal
Beeld 15/01/2004 22:56 - (SA)
Alet Rademeyer
Mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, praat met Khulile Kwenyana en Kobus Nel, voorsitters van die verteenwoordigende leerlingraad van die Hoërskool Pretoria-Wes. Hy het dié skool Donderdag besoek. Foto: LEE WARREN
Openbare skole moet kyk waar hulle op uitgawes kan besnoei sonder om die gehalte van onderrig prys te gee, sê mnr. Kader Asmal, minister van onderwys.
Hy het Donderdag verrassingsbesoeke aan skole in Pretoria gebring.
By die Hoërskool Pretoria-Wes het hy gevra of die skoolgeld van R2 300 per jaar nie dalk volgende jaar verminder kan word nie.
Hy was vandeesweek by 'n townshipskool aan die Wes-Rand waar die skoolgeld R300 per jaar is. Die leerlinge daar kry volgens die minister uitstekende onderrig en die skool spog selfs met onderskeidings.
Asmal het die Hoërskool Pretoria-Wes, 'n dubbelmediumskool, 'n paar jaar gelede ook besoek toe sowat die helfte van die leerlinge in Afrikaans wou skoolgaan en die ander helfte in Engels.
Hy was verras om te hoor 70% van dié skool se huidige leerlingtal is swart en verkies Engels as onderrigmedium.
Hy wou van mnr. Frans Bezuidenhout, skoolhoof, weet hoeveel leerlinge uitsak en was verbaas om te hoor dat net die helfte van die sowat 200 leerlinge wat elke jaar met gr. 8 begin, uiteindelik matriek skryf.
Bezuidenhout het dit aan die maatskaplik-ekonomiese omstandighede van die gemeenskap toegeskryf. Asmal het hierop gesê armoede moet nie 'n straf wees en leerlinge uit die skool hou nie.
"Ook arm Afrikaners moet onthou daar is 'n nasionale studentehulpskema wat hul kinders met verdere onderrig kan help."
Sowat 20% van die skool se leerlinge is heeltemal vrygestel van skoolgeld, terwyl net sowat 54% van ouers die volle skoolgeld betaal.
Asmal het gesê die regering is besig om die finansiële norme te hersien wat in die verlede bepaal het hoeveel geld 'n skool moet kry.
"Skole wat geïntegreer het, moenie gestraf word omdat hulle dit gedoen het nie. Dié met arm leerlinge sal meer hulp kry."
Asmal was bly om te hoor die Hoërskool Pretoria-Wes met sy sowat 800 leerlinge het een bruin en drie swart onderwysers.
Hy reken die skool kan 'n model vir ander word.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1470061,00.html
Taal-skok vir skole
Beeld 12/01/2004 22:19 - (SA)
Alet Rademeyer
Die beheerliggaam van die Hoërskool F.H. Odendaal in Pretoria is "verbysterd" oor 'n versoek van die onderwysdepartement dat dié skool Dinsdag leerlinge moet inneem vir wie omliggende skole glo nie plek het nie.
Dié bykomende leerlinge sal in Engels onderrig moet word - dít nadat dié skool hom in 2002 tot die hof gewend het in 'n stryd om Afrikaans te bly.
Mnr. Louis Smuts, voorsitter van die beheerliggaam, het Maandag gesê die versoek het hulle uit die veld geslaan.
Die Hoërskool Silverton het Maandag 'n soortgelyke versoek ontvang.
Volgens die Gautengse onderwysdepartement moet dié twee skole sowat 400 leerlinge akkommodeer vir wie daar glo nie elders plek is nie.
Die twee is aangesê om te besluit of hulle parallelmediumskole wil word of leë geriewe beskikbaar wil stel om satellietskole op hul terreine te vestig. Hulle is ook uitgenooi om met alternatiewe oplossings vorendag kom.
Smuts het gesê die beheerliggaam van F.H. Odendaal sou Maandagaand 'n noodvergadering belê om die kwessie te bespreek. Hul besluit was teen druktyd nie bekend nie.
Die departement het die skool reeds in 2001 in 'n brief versoek om na 'n parallelmediumstelsel oor te skakel.
Sowat 36 Engelssprekende leerlinge wat deur die departement verwys is, het toe in 2002 daar opgedaag.
Die skool was nie daarop voorbereid nie en daar is nie in die begroting voorsiening gemaak om die leerlinge te akkommodeer nie. Die leerlinge is tog weens druk van die departement toegelaat, maar van die departement se beloftes van steun en hulpmiddels het niks gekom nie.
Die skool het die departement se besluit dat dit parallelmedium-onderrig moet verskaf, in die Pretoriase hooggeregshof betwis.
Ná 'n skikking het die hof die besluit tersyde gestel.
Ingevolge die hofbevel moes die departement die 36 leerlinge verlede jaar elders akkommodeer.
Dit blyk dat hulle die skool uit eie keuse verlaat het nadat hul ouers oor die bevel ingelig is.
Smuts, ook voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok), het gesê verskeie skole in Gauteng verwag Dinsdag probleme met anderstalige leerlinge wat onverwags gaan opdaag.
In verskeie gevalle het die departement vroeër bykomende onderwysers en hulpmiddels vir die ekstra leerlinge belowe, maar skole kon nie hul beplanning teen die einde van verlede jaar afhandel nie.
'n Hoof aan 'n Afrikaanse skool in Pretoria-Wes wat anoniem wil bly, het Maandag gesê: "Ons verwag dat ons talle leerlinge onder die bome sal moet laat sit omdat ons nie vir hulle klaskamers of onderwysers het nie."
Dié skool is ook versoek om meer as 100 leerlinge in te neem wat glo nie in die skool se voedingsgebied is nie.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,4127,3-975_1468693,00.html
Hoërskool in Pretoria skop vas oor taalbeleid
Beeld 13/01/2004 22:09 - (SA)
Alet Rademeyer
Die Hoërskool F.H. Odendaal in Pretoria is nie van plan om sy taalbeleid te verander nie.
Die Gautengse onderwysdepartement het dié skool vandeesweek gevra om 'n parallelmediumskool te word om Engelssprekende leerlinge te akkommodeer waarvoor daar nie in omliggende skole plek is nie.
Andersins moet die skool en die Hoërskool Silverton oortollige geriewe vir satellietskole op hul terreine beskikbaar stel of voorstelle doen oor wat om met sowat 400 Engelssprekende leerlinge te doen vir wie daar nie in ander skole plek is nie.
Die beheerliggaam van F.H. Odendaal het die departement Dinsdag ingelig dat hy voortgaan as 'n Afrikaans-enkelmediumskool en dat dit nie onderhandelbaar is nie.
Mnr. Louis Smuts, voorsitter van die beheerliggaam, het gesê die geriewe by die skool leen hulle glad nie tot 'n sogenaamde satellietskool nie. Die skool het met die vestiging van 'n sportsentrum in die Moot begin en die enkele leë klaskamers sal hiervoor gebruik word.
" 'n Satellietskool is geen oplossing nie, omdat die toekomstige uitbreiding van só 'n skool onhoudbare probleme sal skep. Voorts het die hoërskool die afgelope twee jaar 'n groei in leerlinggetalle gehad."
Wat alternatiewe betref, het Smuts gesê die departement behoort hom daarvoor te beywer om die regte van individue ten opsigte van die verskeidenheid in taal, etos en kultuur te beskerm.
Die departement het F.H. Odendaal ook in 2001 gevra om na 'n parallelmediumstelsel oor te skakel. Op versoek van die skool het die Pretoriase hooggeregshof dié besluit tersyde gestel.
Mnr. Billy Theunissen, waarnemende hoof van die Hoërskool Silverton, het gesê die beheerliggaam sal volgende week vergader om die departement se versoeke te bespreek.
'n Opvolgvergadering met die departement is vir 3 Februarie belê.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1469145,00.html
Onnies tussen boom en bas oor Afrikaans
Beeld 16/01/2004 22:18 - (SA)
Alet Rademeyer
Onderwysers aan Afrikaansmediumskole se diensvoorwaardes kan nie eensydig gewysig word nie, maar as die werkgewer se behoeftes verander, kan hulle ook nie weier om hul werk te doen nie.
Verskeie onderwysers wou Vrydag weet wat hul regte is ten opsigte van pogings deur die onderwysdepartement om voormalige Afrikaanse skole na 'n parallelmediumstelsel te laat oorskakel.
'n Storm het die afgelope week by skole in Pretoria en Bronkhorstspruit losgebars nadat Afrikaanse skole versoek is om Engelse leerlinge in te neem waarvoor daar nie elders plek is nie.
Volgens 'n regskenner moet 'n mens in aanmerking neem 'n onderwyser by 'n Afrikaansmediumskool het om 'n pos met bepaalde verpligtings en regte aansoek gedoen. "As 'n onderwyser gedwing word om in 'n ander taal onderrig te gee as waarvoor hy aangestel is, is hy daarop geregtig om te weier.
"Dit kan as 'n eensydige wysiging van sy diensvoorwaardes beskou word en 'n arbeidsregtelike geskilbeslegtingsprosedure kan volg."
Adv. Justus Prinsloo van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) meen 'n onderwyser wat aansoek gedoen het om 'n pos om in Afrikaans onderrig te gee, is geregtig op billike hantering deur sy werkgewer (die onderwysdepartement).
'n Onderwyser kan nie goedsmoeds gedwing word om die een dag in Afrikaans en die volgende dag in Engels klas te gee nie.
Onderwysers kan egter ook nie summier weier nie. "As die werkgewer se behoeftes verander, kan hulle gedwing word om aan te pas of uit diens gestel word."
In die praktyk kan heelparty onderwysers wat oortollig verklaar is, weens hul ekonomiese posisie nie skop teen 'n besluit oor hoe die werkgewer hulle wil gebruik nie, het Prinsloo gesê.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1470688,00.html
Voortrekkers besorg oor druk op Afrikaanse skole
Beeld 18/01/2004 18:50 - (SA)
Prof. Piet Strauss, hoofleier, Die Voortrekkers,
Die druk wat die Gautengse departement van onderwys hier kort voor die hervatting van die skooljaar op twee Afrikaansmedium-skole in Pretoria geplaas het om op een of ander manier voorsiening te maak vir onderwys in 'n ander onderrigtaal as Afrikaans, stem Die Voortrekkers as jeugorganisasie tot kommer.
Dit skep die indruk van 'n gebrek aan respek vir die karakter van dié skole en aan professionaliteit as die departement op kort kennisgewing met só 'n eis kom. Ons inligting is dat die department al twee jaar bewus is van die probleem en tot nou toe niks daaraan gedoen het nie.
Die skolewet bepaal dat dit die taak van die betrokke LUR vir onderwys is om onderwys aan die leerlinge in sy gebied te verskaf en dat hierdie verpligting nie na individuele skole oorgedra kan word nie. Die huidige eis plaas die twee skole onder onnodige en nie-geregverdigde druk en getuig van gebrekkige beplanning en krisisbestuur by die departement.
Boonop kom dié stappe teen die agtergrond van die drastiese afna me in enkelmedium- Afrikaanse skole ná 1994 en die indruk wat bestaan dat dit net Afrikaanse skole is wat onder hierdie soort druk geplaas word.
Dit wek die vraag of die departement werklik die grondwetlike reg op vrye assosiasie van die Afrikaanse skoolgemeenskap om eie skole met staatsteun te bedryf, erken.
As die skolewet in elk geval die bevoegdheid om die karakter van 'n skool te bepaal aan die beheerliggaam gee, moet die departement dit respekteer.
Die Voortrekkers is dankbaar vir wat Afrikaanse skole doen en verwelkom dit as kinders uit ander ge meenskappe as die tradisionele Afrikanergemeenskap by hierdie skole wil inskakel.
Dit is ook hul grondwetlike reg om met so 'n skool te assosieer.
Boonop dui dit op waardering in hierdie gemeenskappe vir die gehalte en waarde van die onderwys in dié skole.
http://www.news24.com/Beeld/Briewe/0,,3-73_1471135,00.html
'Hoofde kan nie sê oor skool se taal'
Beeld 19/01/2004 23:08 - (SA)
Alet Rademeyer
Al dink party hoofde van Afrikaanse skole 'n parallelmediumstelsel is 'n goeie idee, lê die besluit nie by hulle nie, maar by die beheerliggame.
Só het die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die Trust vir Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok) Maandag gesê.
Party hoofde het die naweek luidens berigte gesê Afrikaanse skole wat plek het, behoort met Engelse klasse te begin.
'n Woordvoerder van Fedsas het gesê daar is toenemend gevalle van spanning tussen 'n hoof en sy beheerliggaam oor sensitiewe kwessies soos die taalmedium en toelatingsbeleid.
"Die hoof is 'n werknemer van die departement en dink dikwels hy moet die standpunt van sy werkgewer steun, al is dit nie noodwendig in die belang van die skool en sy leerlinge nie.
"Om sulke probleme uit te skakel, moet hoofde besef hulle is onafhanklike bestuurders wat hulle nie by die magte van die beheerliggaam moet inmeng nie."
Mnr. Louis Smuts, voorsitter van Tabok, het gesê voorsitters van beheerliggame "moet uit hul blokke kom en nie hul besluitnemingsmagte aan hoofde oorlaat nie".
"Dit stel hoofde bloot en kan tot onnodige twis lei."
Mnr. Lucas Viljoen, voorsitter van die forum vir parallelmediumskole in Gauteng, het gesê sulke skole kan net suksesvol wees as die departement aan hulle die nodige steun en hulpbronne gee.
Hy meen van die redes waarom beheerliggame van Afrikaanse skole huiwerig is om na 'n parallelmediumstelsel oor te skakel, is omdat hulle bewus is van die dubbele werklading by die skole, waarvoor die departement nie begrip het of bykomende personeel gee nie.
Volgens Viljoen is die werklikheid dat hoe langer parallelmediumskole bestaan, hoe meer "Engels" word hulle. "Die getal wit Afrikaanse leerlinge plat mettertyd af. Multikulturele skole het 'n baie groot uitdaging om goeie standaarde te handhaaf sodat Afrikaanssprekende ouers nie almal hul kinders uit die skole wil haal nie."
Mnr. Corn Booyens, president van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), meen alle skole kan nie sommer parallelmedium word nie. Hy verwys na disfunksionele skole waarheen ouers nie hul kinders wíl stuur nie, hoewel daar vir hulle plek is.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1471611,00.html
Graad 10's se punte aangepas
Beeld 15/01/2004 22:55 - (SA)
Alet Rademeyer
Onderwysamptenare in Limpopo wil al die gr. 10-punte van verlede jaar aanpas om te verseker dat meer leerlinge slaag.
In 'n omsendbrief aan skole in Phalaborwa, Tzaneen, Thabazimbi en Modimolle (Nylstroom) word hoofde versoek om kandidate se punte in elke vak aan te pas.
Die punte van leerlinge wat 1% tot 29% in 'n vak behaal het, moet met 1,5 vermenigvuldig word. Dit beteken 'n kandidaat wat oorspronklik 23% gekry het, slaag nou met 34% in die standaardgraad en een met 27% slaag met 40,5% in die hoër graad.
Punte van tussen 30% en 74% word volgens 'n glyskaal met syfers vermenigvuldig wat al hoe kleiner word soos die punte styg.
As 'n leerling byvoorbeeld 49% in 'n vak behaal het, moet sy punt met 1,26 vermenigvuldig word sodat hy 61,74% kry. Die enigste punte wat onveranderd bly, is dié van 75% en hoër.
'n Storm het einde verlede jaar losgebars toe talle hoofde erken het die gr. 10-eksamen was 'n "slagting" met honderde leerlinge wat landwyd gedruip het.
Uitkomsgerigte onderrig (UGO) is as hoofrede aangevoer. Dié groep moes van UGO na die ou leerplan oorskakel omdat hulle die laastes is wat die ou senior-sertifikaateksamen skryf.
Limpopo is die eerste provinsie wat sulke omstrede aanpassings gelas het. Dit is nie duidelik of die brief sy oorsprong op provinsiale of distriksvlak het nie.
Mnr. Prem Govender, eksamenwoordvoerder in Gauteng, het gesê dié provinsie is nog besig met 'n ontleding om te bepaal hoeveel gr. 10's gedruip het. "Ons dink nie daar is 'n krisis nie."
As groot getalle gedruip het, sal aanbevelings oor die moontlike aanpassing van punte op 'n hoër vlak gedoen word, het hy gesê.
Mnr. Duncan Hindle, adjunk-direkteur-generaal in die nasionale onderwysdepartement, het gesê: "Normalisering en standaardisering van punte vind op elke skoolvlak plaas om te verseker dat die getal leerlinge wat elke jaar slaag min of meer dieselfde is as die vorige jaar."
Volgens hom moet Limpopo vrae oor die aanpassings beantwoord. Hy het 'n aggressiewe verhoging van punte bevraagteken.
Hindle het vroeër gesê leerlinge se punte kan aangepas word sonder om standaarde te verlaag as dit blyk hulle het probleme met die oorskakeling na die ou leerplan ondervind.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1470162,00.html
Skole in G'teng bars uit nate
Beeld 13/01/2004 22:09 - (SA)
Beeld-span
Sommige skole in Gauteng het Dinsdag op die eerste dag van die skooljaar uit hul nate gebars.
Veral oorvol parallelmediumskole het leerlinge weggewys.
"Honderde" leerlinge het vergeefs geprobeer om hulle by die Chris Botha-Senior Sekondêre Skool in Bosmont, Johannesburg, te laat inskryf. Die skool akkommodeer reeds 1 200.
By skole soos Phahama Secondary naby Randfontein en Vuwani Secondary in Soweto moes talle leerlinge na omliggende skole verwys word.
Me. Florence Dali, hoof by Vuwani, het Dinsdagmiddag laat gesê die besonderhede van sowat 300 leerlinge word verwerk om te bepaal waarheen hulle moet gaan.
Skole aan die Oos-Rand loop ook oor. Baie skole is só deur aansoeke oorval dat hulle honderde leerlinge op waglyste moes plaas.
By die Hoërskool Voortrekker in Boksburg is daar 'n waglys vir meer as 200 kinders. Dinwiddie High School, 'n Engelsmediumskool in Germiston, het 212 op sy waglys. Die meeste van dié leerlinge het eers vanjaar geregistreer.
Die Hoërskool Vorentoe in Johannesburg het sowat 50 leerlinge weggewys en die Hoërskool Die Burger aan die Wes- Rand dubbeld soveel.
Dr. Chris Kotze, hoof by Die Burger, het gesê baie ouers steur hulle nie daaraan dat hulle hul kinders al die vorige jaar moet laat inskryf nie.
"Nou het 'n mens die probleem dat 'n leerling wat in die voedingsgebied bly, op 'n waglys geplaas moet word."
Mnr. Lucas Viljoen, hoof van Vorentoe, het gesê die oorstroming van sekere skole is te wyte aan ouers wat hul kinders slegs in skole met 'n goeie slaagsyfer en reputasie wil plaas.
Hoërskole soos Elsburg in Germiston, Hugenote in Springs en Jeugland in Birchleigh het nie waglyste nie, maar is ook tot barstens toe vol.
By die Hoërskool Hercules in Pretoria het meer Afrikaanssprekende gr. 8-leerlinge opgedaag as waarvoor beplan is en minder Engelssprekendes. The Glen High School het 'n lang waglys vir gr. 8's.
Clapham High School en die Hoërskool Langenhoven het albei waglyste.
Lang toue kinders het gewag om by die Hoërskool Elandspoort, Sunnyside Primary en Laerskool Oost-eind in te skryf.
Buiten die toeloop by sekere skole is geen ernstige probleme aangemeld nie.
Mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, het drie skole in die Johannesburg-omgewing besoek.
Hy het gesê dinge verloop vanjaar beter as in vorige jare.
Mpumalanga het nie probleme ondervind nie en dit was nie vir skole nodig om leerlinge weg te wys nie, het mnr. Thomas Msiza, onderwyswoordvoerder, gesê.
Die meeste leerlinge het einde verlede jaar by skole geregistreer, het hy gesê.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1469144,00.html
Party klaskamers staan leeg, ander loop oor
Beeld 19/01/2004 23:08 - (SA)
Alet Rademeyer
Jabu Khumalo (5) in 'n leë klaskamer by die Zamin Tuthuko Primary in Mamelodi-Wes waar leerlinge sou kon skoolgaan as dit nie vir die verval was nie. Foto: LEON BOTHA
Lang toue en leë klaskamers.
Dít is die ironiese onderwyswerklikheid in Gauteng waaraan leerlinge, ouers, onderwysers én beheerliggame sedert die begin van die nuwe skooljaar verlede week blootgestel is.
By verskeie voormalige model C-skole in Johannesburg en Pretoria moes talle leerlinge weggewys en nog meer op waglyste geplaas word totdat die departement weet hoe en waar al die leerlinge geakkommodeer kan word.
Terwyl politici jaar ná jaar waarsku dat die departement nie in staat is om die geweldige instroming van leerlinge te hanteer nie, meen mnr. Ignatius Jacobs, Gautengse LUR vir onderwys, daar is oorgenoeg klaskamers en skole in die provinsie.
Me. Juli Kilian, NNP-onderwyswoordvoerder in Gauteng, skryf die chaos toe aan 'n gebrek aan beplanning. Verlede jaar moes plek gesoek word vir meer as 60 000 leerlinge.
Maar die departement kón nie beplan nie omdat talle leerlinge hulle nie verlede jaar laat registreer het soos hulle moes nie, sê mnr. Albert Chanee, direkteur van beplanning in die departement. Hy sê amptenare is nog besig met 'n opname oor waar skole oorloop, leegstaan of nog plek het.
Terwyl sommige skole uit hul nate bars en party klasse tot 50 leerlinge huisves - pleks van die voorgeskrewe 35 - staan talle klaskamers in gevestigde skole soos in Mamelodi-Wes buite Pretoria en Orlando-Wes in Soweto leeg.
Tydens Beeld se besoek aan die Emthunzini Primary School in Mamelodi-Wes Maandag was dit opvallend dat die skool wat vir 900 leerlinge gebou is, net sowat 300 het. Talle leë klaskamers in 'n baie goeie toestand staan toegesluit.
Ook by die Zamin Tuthuko Primary School in dieselfde gebied is nog baie plek vir leerlinge "as die departement sy beloftes van opknapping een of ander tyd nakom", het 'n ouer gesê.
Die skool het klaskamers, maar sommige het nie dakke nie. Daar is sowat 480 leerlinge in die skool wat tot 800 kan akkommodeer.
Jacobs het verlede week gesê die departement het 'n projek waar leerlinge per bus na leë skole aangery word.
Volgens Chanee is dit veral leerlinge uit plakkerskampe wat na nabygeleë skole aangery word.
Die departement het vanjaar 'n bykomende R7 miljoen vir dié vervoer bewillig wat die totaal op R40 miljoen te staan bring.
Volgens Jacobs is 'n rede vir die leë skole die "veroudering" van gemeenskappe.
Mnr. Corn Booyens, president van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, meen van die skole is wanfunksioneel en ouers ry hul kinders kilometers ver na voorstedelike skole op soek na gehalte-onderrig.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1471799,00.html
Tuks gaan noustrop trek
Beeld 11/01/2004 22:06 - (SA)
Alet Rademeyer
Universiteite, veral die sogenaamde histories Afrikaanse universiteite, gaan vanjaar ingevolge die nuwe subsidieformule vir hoëronderwysinstellings etlike miljoene rande armer wees.
Vroeër is bespiegel dat dié instellings weens die toepassing van die formule baie slegter daaraan toe gaan wees terwyl histories swart instellings baie meer geld gaan kry.
As die toedeling ingevolge die ou formule vergelyk word met die nuwe, blyk dit dat die universiteite miljoene rande minder aan subsidies gaan ontvang.
Subsidievergelykings tussen verlede jaar en vanjaar word bemoeilik deur samesmeltingsprosesse wat tans binne hoër onderwys plaasvind en die feit dat die onderwysdepartement eers in Februarie die werklike syfers in die parlement bekend wil maak.
Beeld het verneem die subsidies van sommige histories swart universiteite soos die Universiteit van Venda en die Universiteit van die Noorde gaan vanjaar met tot soveel as 30% styg.
Prof. Niek Grové, registrateur aan UP, sê die nuwe formule skep verskeie probleme. Volgens hom gee die formule geen hulp vir universiteite wat klasse in meer as een taal aanbied nie.
"Die nuwe toedelingsmeganisme penaliseer universiteite met meer as 20 000 studente omdat die onderwysdepartement sogenaamde 'skaalvoordele' in berekening bring wanneer besluit word hoeveel subsidie 'n instelling moet kry."
Die nuwe formule penaliseer ook universiteite as daar te veel wit studente, in verhouding tot swartes, aan die instelling studeer.
Volgens Grové lê die nuwe formule baie klem op die insetkant. Waar 'n universiteit vroeër 50% van die subsidie gekry het as 'n student vir 'n vak ingeskryf het en 50% as hy die vak geslaag het, kry die universiteit nou 70% van die subsidie as 'n student inskryf en 30% as hy uiteindelik gradueer.
Akademici meen dié verandering sal daartoe lei dat die universiteitsektor in die volgende paar jaar baie sterk gaan groei, maar dat dit dalk ten koste van gehalte kan wees.
Dit is duidelik dat instellings gaan sukkel om met die verminderde subsidie by hul begrotings te hou. Omdat die instellings eers in Desember oor die verminderings ingelig is, moes van hulle vir 'n verlies begroot.
As die tekortkomings in die nuwe formule nie in die komende jaar reggestel gaan word nie, sal universiteite ernstige besparings moet doen, is aan Beeld gesê.
Volgens ingeligtes plaas die nuwe formule onregstreeks nóg meer druk op die oorlewing van Afrikaans as tersiêre taal.
Universiteitsbesture en akademici is veral besorg oor die groot hoeveelheid mag wat mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, weens die nuwe formule kry om te besluit oor hoe hy geld wil toedeel.
Daar is bykans geen grense waarbinne die minister sy besluite moet neem nie. Die uitwerking hiervan is dat hoëronderwysinstellings in die toekoms soos staatsdepartemente gefinansier gaan word wat 'n invloed op hul onafhanklikheid kan hê.
"Universiteite is vandag veel minder outonoom as 'n paar jaar gelede. Die nuwe subsidieformule is maar nóg 'n mylpaal op hierdie bedenklike pad," meen Grové.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1468262,00.html
Trust gaan inskryf van leerlinge by dié skole dophou
Beeld 11/01/2004 22:07 - (SA)
Alet Rademeyer
In die lig van moontlike probleme Dinsdag by sommige Afrikaanse skole, gaan die Trust vir Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok) toelating van leerlinge monitor.
Mnr. Louis Smuts, voorsitter van Tabok, het gesê die trust gaan kyk wat by skole gebeur waar die onderwysdepartement besig is om Afrikaanse skole te dwing om leerlinge in te neem wat Engels as voertaal verkies.
Tabok wil beheerliggame help om kapsie te maak teen die departement se optrede, wat hulle as onregmatig beskou.
Hy het gesê voorsitters van beheerliggame moet seker maak wat hul regte ten opsigte van die skool se taal- en toelatingsbeleid is voordat hulle leerlinge toelaat weens druk deur die departement.
Volgens inligting is skole wat geraak word die Hoërskole F.H. Odendaal, Silverton, Oos- Moot, Wonderboom, Hercules, Tuine en Laerskool Danie Malan in Pretoria.
Van die skole het van die departement verneem dat hulle vanjaar Engelse leerlinge moet inneem. Die skole is baie bekommerd omdat hulle - ondanks versoeke - nie steun in die vorm van bykomende personeel of toerusting van die departement ontvang het nie.
Smuts het gesê Tabok, in samewerking met die vakbond Solidariteit, gaan waarskynlik geen ander keuse hê nie as om hom tot die konstitusionele hof te wend om te verseker dat skole se regte, soos in verskeie wette verskans is, eerbiedig word.
"Politieke omstandighede in die land het só verander dat Afrikaanse onderrig onder groot druk is. Die Grondwet gee aan ons sekere regte, maar dit sal net papierregte bly as ons dit nie opneem nie."
Volgens Smuts kan skole nie die regte alleen opneem nie en daarom gaan Tabok hom beywer om die magte en bevoegdhede van beheerliggame van Afrikaanse skole te beskerm en uit te bou.
Tabok wil 2 500 Afrikaanse skole terughê, instandhou en beskerm. Die trust gaan hom ook beywer vir ten minste twee Afrikaanse universiteite met spesifieke geriewe vir ondermeer mediese navorsing.
Voorts wil die trust 'n hoë standaard in die nuwe kurrikulum vir al die grade teweeg bring.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1468150,00.html
'Pasella-matriek'
Beeld 07/01/2004 21:53 - (SA)
Alet Rademeyer
'n Ontleding van verlede jaar se matriekuitslae en aanpassings toon dat derduisende matrikulante "grensgevalle" was wat danksy pasellapunte geslaag het.
Dit sluit in Cass-punte (deurlopende toetsing), 'n kompensasiepunt vir leerlinge wat nie in hul moedertaal eksamen geskryf het nie en kondonering (as 'n slaagpunt toegeken word aan 'n kandidaat wat 'n vak net-net gedruip het).
'n Statistikus met grondige kennis van die verwerking van matriekuitslae wat anoniem wil bly, het Woensdag die slaagsyfer van matrikulante in verskillende vakke vergelyk met dié wat werklik die eksamen geslaag het, sowel as hoeveel gedruip het en hoeveel "gehelp" is om deur te kom.
Volgens hom is dit duidelik dat die uitslae van geweldig baie leerlinge op 'n baie lae vlak is. Toegewings het talle gehelp om vakke te slaag.
Die minimum-slaagsyfer vir die hoër graad is 40%, dié vir standaardgraad is 33,3% en vir laer graad is dit 25%.
In 'n vak soos biologie (HG) het 44,4% die eksamen geslaag. Die finale punte toon 'n slaagsyfer van 51%. Gevolglik is 6,6% gehelp, wat sowat 5 700 leerlinge verteenwoordig. Sowat 4 700 of 5,5% van HG-kandidate is gehelp om in die standaardgraad deur te kom.
In biologie (SG) het 42% die eksamen geslaag. Die uiteindelike slaagsyfer was 53%. Sowat 22 000 leerlinge (11%) is gehelp. Die punte van nóg 16 000 kandidate (8%) is aangepas sodat hulle die vak in die laer graad kon deurkom.
In Engels (tweede taal HG) is 35 000 (10%) kandidate gehelp om in die hoër graad deur te kom. Die getal wat gedruip het, maar in die standaardgraad deurgekom het, is sowat 19 500 (5,5%).
Sowat 1 800 wiskunde-leerlinge (5%) is gehelp om in die hoër graad deur te kom en nóg 1 000 (3%) wat sou gedruip het, is in die standaardgraad deur.
In wiskunde (SG) is 13 000 (6%) gehelp om te slaag en 7 500 (3,4%) wat in die standaardgraad sou gedruip het, is met hulp in die laer graad deur.
Wat natuur-en-skeikunde betref, is 3 400 (6,6%) gehelp om in die hoër graad deur te kom. Nagenoeg 3 100 (6%) het gedruip, maar is in die standaardgraad deur. Van dié wat die standaardgraad-eksamen geskryf het, is 12 400 (12,4%) gehelp om te slaag. Sowat 7 000 (7%) wat dié eksamen gedruip het, het met hulp in die laer graad geslaag.
Die statistikus meen sy ontleding bevestig die siening van baie kritici dat dit 'n buitengewone poging verg om matriek te druip. Voorts laat dit vrae ontstaan oor die gehalte van kandidate en moet 'n mens besin of die nasionale slaagsyfer van 73,3% inderdaad rede tot trots bied, sê hy.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1466733,00.html
'Matrieks se vraestel-peil nie bekyk'
Beeld 05/01/2004 22:47 - (SA)
Alet Rademeyer
Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding, het Maandag volgehou verlede jaar se matriekeksamen was op peil en dat daar nie sprake is van 'n ondersoek na die standaard van vraestelle nie.
Dr. Cassius Lubisi, voorsitter van Umalusi, het gesê berigte die afgelope naweek wat op 'n ondersoek gesinspeel het, is "vals" en "verdraai".
Luidens dié berigte sou 'n ondersoek na die matriekeksamen gelas word.
Lubisi het ontken dat 'n "ondersoek" gedoen gaan word. Wat wél miskien vir vanjaar oorweeg word, is 'n ontleding of "kykie" na vraestelle van die afgelope 10 tot 15 jaar, het hy gesê.
Dit is volgens Lubisi deel van deurlopende navorsing wat Umalusi doen as bydrae tot plaaslike en internasionale pogings om gehalte van onderrig te verhoog. Hy het gesê dit beteken nie die standaard van verlede jaar se matriekeksamen word enigsins in twyfel getrek nie.
"Ons wil eerder kyk hoe die aard en inhoud van vraestelle oor die jare verander het én hoe dit verband hou met hoe vakke deesdae aangebied word."
Hy het Engels as voorbeeld genoem. In die verlede was die klem internasionaal en in Suid-Afrika op die grammatika en reëls van die taal.
Nou word 'n meer kommunikatiewe benadering gevolg.
Lubisi het gesê ander soortgelyke projekte wat Umalusi verlede jaar onderneem het, was 'n studie oor die nuwe kurrikulum vir verdere onderwys en opleiding (VOO) vir gr. 10 tot gr. 12 wat later in werking gestel gaan word.
Intussen het mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, bevestig dat 'n mediakonferensie Dinsdag in Pretoria gehou word om "duidelikheid te bring oor kwessies rondom verlede jaar se eindeksamen en die matriekuitslae".
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1465963,00.html
'Al hoe meer kinders deur na matriek'
Beeld 05/01/2004 22:47 - (SA)
Alet Rademeyer
Ondanks onderwysvakbonde se kommer dat daar jaarliks minder leerlinge is wat matriek skryf, meen die onderwysdepartement die deurvloeisyfer van leerlinge van gr. 11 na gr. 12 het die afgelope twee jaar verbeter.
Luidens die departement se jongste statistieke was daar van 2001 tot verlede jaar 'n deurvloei-verbetering van tot 5%.
In 2001 was daar 804 150 gr. 10's waarvan 719 934 in 2002 na gr. 11 gevorder het. Hiervan was 555 118 verlede jaar in gr. 12.
Sowat 78% van die leerlinge in gr. 11 het na gr. 12 gevorder.
Mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, het gesê die deurvloeisyfer toon daar is nêrens 'n grootskaalse poging om tussen gr. 11 en gr. 12 van leerlinge ontslae te raak nie.
Hy sê daar is verskeie redes hoekom daar minder leerlinge in matriek en minder kandidate is wat die eindeksamen skryf. Party verkies om na kolleges vir verdere onderwys en opleiding te gaan.
Altesame 457 147 heeltydse kandidate het verlede jaar vir die matriekeksamen geregistreer, maar net 440 267 kandidate het uiteindelik die eksamen geskryf.
In 2000 het 489 944 kandidate matriek geskryf en in 1999 altesame 511 474.
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het gevra vir 'n ondersoek na hoe faktore soos armoede, vigs, swangerskap en dwelmmisbruik die syfers beïnvloed.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1465966,00.html
What matric marks really mean
News 24 06/01/2004 21:30 - (SA)
Alet Rademeyer
Johannesburg - Before the subject marks for last year's matric exams were adjusted, nearly two thirds of the candidates who wrote biology on standard grade (SG) had failed with an FF symbol (between 30% and 33%).
More than 58% of pupils in English second language higher grade (HG) got an F symbol (34% to 39%) and 68% of candidates failed mathematics SG with an FF.
The education department and standards authority Umalusi released these statistics at a media conference in Pretoria on Tuesday to explain the controversial process of examining, moderation and standardisation.
After adjustments, 57.9% of the candidates did not pass biology (SG) and 47.4% did not make English second language (HG). The percentage of failures in mathematics was reduced from 68% to 61.2%.
Education director-general Thami Mseleku said the department wanted to assure each pupil and parent again that the matric results were "credible" and a true reflection of each individual's attempt.
"No marks were manipulated."
Various factors taken into account
Dr Cassius Lubisi, chairperson of Umalusi, said 69 external moderators, experts in their subjects, moderated 2 245 question papers.
"All question papers that were moderated were of an acceptable standard, although first-concept papers that were presented to external moderators varied from poor to excellent."
Professor Paul Fatti, convenor of Umalusi's statistics task team, said various factors were taken into account when marks adjustments were being considered.
Marks were adjusted to ensure the exam was of the correct standard. The results of previous years, for example, were taken into account as well.
As evidence of Umalusi and the department's "transparency" regarding the results, the original marks as well as the adjustments were made public in the six subjects in which pupils wrote the same papers countrywide.
Of the 39 548 pupils who wrote accounting on higher grade, almost 40% failed. These marks were not adjusted.
Just more than 12% of the candidates got A symbols and this was reduced to 9.88% (after adjustments, 46.77% of the pupils got more than 50% in the subject. In 2002, 29.9% got more than 50%).
Initially, just more than 20% of the 106 621 pupils who wrote accounting on standard grade failed the subject. After the marks were adjusted, this moved up to 25.9%. The number of pupils with A symbols was dropped from 4.8% to 3.26%.
After the marks were adjusted upwards for biology (SG), 30.33% had more than 50%.
While 44.57% of the 19 545 candidates in English second language (SG) got more than 50%, 20.2% scored between 30% and 33% and failed.
Nearly 60% of the 52 215 candidates who wrote physical science (HG) obtained an F symbol (30% to 33%) and therefore failed.
After adjustments, 56.6% failed. A total of 73.3% of pupils scored an E symbol (40% to 49%). This was adjusted to 70.4%.
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_1466257,00.html
Vrot in wiskunde
Beeld 05/01/2004 22:47 - (SA)
Alet Rademeyer
Net 23 412 en 26 067 matrikulante het verlede jaar onderskeidelik wiskunde en natuur-en-skeikunde in die hoër graad geslaag.
Altesame 258 323 matrikulante het wiskunde geskryf en 151 971 natuur-en-skeikunde.
Dít terwyl miljoene rande die afgelope paar jaar bewillig is om leerlinge se prestasie in dié vakke te bevorder.
Sommige onderwyskundiges meen die regering se nasionale strategie om uitnemende onderrig in dié vakke te bevorder - die Dinaledi-projek - het nog nie veel vrugte afgewerp nie. Altesame 102 skole, hoofsaaklik in voorheen benadeelde gebiede, is in 2001 vir dié projek uitgesonder waarvoor R400 miljoen bewillig is.
Selfs mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, het verlede week gesê hy is nie tevrede met die getal kandidate wat die sogenaamde "kernvakke" geslaag het nie.
Hy het die probleem grootliks toegeskryf aan skole wat leerlinge ontmoedig om die vakke in die hoër graad te neem uit vrees dat hulle nie gaan slaag nie en die skool se prestasie in die gedrang sal bring.
Borge soos die MultiChoice Africa Foundation, die Amerikaanse hulpverlenigingsagentskap USaid en die Telkom-stigting wat met die onderwysdepartement kragte saamsnoer vir die ontwikkeling van die vakke, meen resultate kan nie oornag bereik word nie.
'n Woordvoerder van USaid het gesê: "Onderwys is 'n proses."
Baie werk moet vooraf gedoen word om te verseker dat beter uitslae, ook in dié vakke, volhoubaar is.
Die woordvoerder het gesê 'n eerste groep van 35 onderwysers in dié sleutelvakke het einde verlede jaar opleiding in die VSA gekry.
"Hulle het hul vaardighede verbeter en kan nou as mentors vir ander onderwysers optree. Dié soort verbetering en verandering neem tyd."
Van die matrieks wat verlede jaar wiskunde geskryf het, het 58,8% geslaag.
In 2002 het 260 989 geskryf en 56,1% het die vak deurgekom.
Wat natuur-en-skeikunde betref, het 80,3% vanjaar geslaag, teenoor die 153 855 in 2002 van wie 76,4% geslaag het.
Van verlede jaar se 258 323 matrikulante wat wiskunde geskryf het, het net 35 956 dit in die hoër graad geskryf. Net 52 080 matrikulante het natuur-en-skeikunde in die hoër graad geskryf en net 26 067 het geslaag.
Me. Nkosinathi Pahlana, bestuurder by die Telkom-stigting, het gesê Telkom beskou sy belegging in die bevordering van wiskunde en wetenskap in skole as 'n "langtermyn-belegging, in die besef dat daar 'n agterstand is wat nie oornag uitgewis kan word nie".
Beeld verneem die Dinaledi-projek het waarskynlik nie na verwagting gevorder nie omdat talle skole einde verlede jaar nog nie die infrastruktuur vir rekenaars gehad het nie.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,4127,3-975_1465965,00.html
Matriek-vrae
Beeld hoofartikel 30/12/2003 20:02 - (SA)
Elke Suid-Afrikaner behoort bly te wees oor elke matrikulant wat vanjaar geslaag het en elke onderskeiding wat behaal is. Dit getuig van honderdduisende leerlinge se toewyding en ywer.
Maar ongelukkig is die uitslae van 'n matriekeksamen nie noodwendig 'n akkurate weerspieëling van die gehalte van die onderwys nie. En in Suid-Afrika is dit haas onmoontlik om te bepaal hoe geloofwaardig die slaagsyfer is.
Dit is goeie nuus dat die syfer oor die afgelope vyf jaar met die helfte verbeter het - van 48,9% in 1999 tot 73,3% vanjaar. Maar is dit dalk te goed om waar te wees? Is so 'n verstommend skerp toename moontlik sonder dat eksamenstandaarde verlaag is, selfs al neem 'n mens die talle lofwaardige pogings van die onderwysowerhede in ag?
Eweneens dwing matrikulante met meer onderskeidings as die voorgeskrewe ses matriekvakke bewondering af. Tot groot hoogte kan hul ywer toegeskryf word aan 'n toenemend mededingende omgewing. Maar is dit realisties moontlik vir 'n matrikulant om met die behoud van hoë eksamenstandaarde tot 16 onderskeidings te kry?
Nog vrae kan gestel word oor die standaard van die deurlopende evaluering van matrikulante, wat 25% van die finale punt vir elke vak oplewer, oor die vermindering van matrikulante met 70 000 sedert 1999, en oor die feit dat universiteite dit nodig vind om ook eie keuring van studente toe te pas.
Dan hang 'n groot vraagteken oor die wyse waarop uitkomsgerigte onderwys toegepas word, na aanleiding van ernstige probleme met vanjaar se gr. 10-eindeksamen.
Waarskynlik het die gehalte van onderrig by talle skole wel verbeter, maar daar is net te veel vrae oor die werklike algemene gehalte van die onderwys en die standaarde van die matriekeksamen.
http://www.news24.com/Beeld/Hoofartikels/0,,3-65_1464507,00.html
Matrieks: Staat slaan terug
Beeld 04/01/2004 21:48 - (SA)
Jan-Jan Joubert
Die nasionale onderwysdepartement sal môre die woordestryd wat oor die peil van die pas afgelope matriekeksamen uitgebreek het, op die spits dryf op 'n mediakonferensie om op "oningeligte kritiek" te antwoord.
'n Ontstoke dr. Cassius Lubisi, voorsitter van Umalusi, die raad wat moet sertifiseer of die matriekeksamen op peil is, het gister berigte dat 'n ondersoek na die matriekeksamen gelas is, as louter bog afgemaak.
"Die uitslae van die matriekeksamen staan vas. Dit is fiksie, 'n verbeeldingsvlug, om te beweer dat die eksamen en die uitslae ondersoek word. Dit is onsin," het Lubisi gesê.
Inligting 'verdraai'
"Geen aankondiging oor 'n ondersoek is gedoen nie, en geen ondersoek word voorsien nie. Dit is 'n verdraaiing van inligting wat oor voortdurende navorsing deur Umalusi verskaf is."
Mnr. Thami Mseleku, direkteur- generaal van onderwys, sal volgens Lubisi môre 'n perskonferensie in Pretoria hou om "dit kategories te stel dat die regering nie vir Umalusi kan bë?nvloed oor wat die uitslae is nie, en dat geen ondersoek na die uitslae sal plaasvind nie."
Mseleku het reeds die naweek in 'n onderhoud met City Press kritiek op die matriekuitslae as rassisme afgemaak, want hy meen dit slaan daarop dat dit onmoontlik is vir uitslae in swart skole om te verbeter.
"Dit is 'n rassistiese kwessie. Waarom vra mense nooit of die standaarde in wit skole afgeneem het nie?" het hy in 'n onderhoud gesê.
"Dit is disinformasie dat uitslae gekook word noudat swart leer linge ook goed vaar."
'Politieke motiewe'
Dit is bekend dat die regering baie gevoelig is vir die kritiek die afgelope week van sommige van die land se voorste onderwyskenners soos prof. Jonathan Jansen, dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, en mnr. Salim Vally van die onderwysbeleidseenheid aan die Universiteit van die Witwatersrand, dat daar 'n politieke motief agter die uitslae is.
Sowel Jansen as Vally het daarop gewys dat daar vanjaar 'n verkiesing op hande is, en Jansen het in 'n media-onderhoud so ver gegaan as om te beweer dit verg deesdae 'n buitengewone poging om matriek te druip.
Ook die Suid-Afrikaanse universiteite-visekanseliersvereniging (Sauvca) het gesê matrikulante is deesdae dikwels nie goed genoeg voorbereid op die eise van tersiêre studie nie.
Lubisi het gister aan Beeld gesê dat daar geen aanpassing was in die rou punte vir sowat 240 vakke verlede jaar nie. Sowat 30 vakke se punte is opwaarts aangepas terwyl nog sowat 30 vakke se punte afwaarts verstel is.
Normatief aangepas
Hy het gesê normatiewe punte-aanpassing - waarvolgens die verlede se uitslae verreken word by die hede s'n - verseker dat daar nie afgewyk word van die peil van vorige jare nie, maar dat mense moet aanvaar die standaard van onderrig en leerlinge se ingesteldheid kan tot 'n verbetering in uitslae bydra.
Volgens Lubisi doen Umalusi deurgaans interne navorsing oor eksaminering, wat nie aan die onderwysdepartement óf die kabinet gegee word nie, en dus geen invloed op regeringsbeleid het nie. Voorbeelde vanjaar was navorsing oor volwasse onderrig en verdere onderwys en opleiding (byvoorbeeld gr. 10 tot gr. 12).
Nie geteikende ondersoek
Lubisi sê hy het vroeër aan 'n joernalis vertel Umalusi wil vanjaar navorsing doen oor veranderings in matriekvraestelle in die land in die afgelope twintig jaar.
Dit is om die invloed te bepaal van die oorskakeling van 'n gram matikale na 'n kommunikatiewe benadering in Engels.
Ander vakke waarvan die aanbieding baie verander het sluit in wiskunde, rekenaarstudie en biologie.
Dit is egter deurlopende navorsing, nie 'n geteikende ondersoek nie.
THE FUTURE OF SA SCHOOLS
story by Corlia Erwee from Woman's Value
Outcomes-based education still gives many parents the chills because it differs so radically from what they were accustomed to for so many years. Here's how the new curriculum works…
Since 1998, school has not been the same. Gone are the days when your child came home with books full of facts that she had to memorise parrot- fashion. Outcomes-based education (OBE) means she now has to find information herself in newspapers, books, magazines, and even on the Internet.
Conversations about school now include many new buzzwords -the Revised National Curriculum for primary schools, the General Education and Training Certificate (GETC) exam that grade nines must sit, outcomes, areas of learning -and so on. Even the subject names have changed. History and geography are now one learning area, and known as human and social sciences.
Science is a combination of chemistry, biology and physiology. In addition, rumours are rife, for example, that mathematics will become a compulsory matric subject, and that universities will be changing their entrance requirements. We spoke to some experts and tried to get answers to some of the most important questions.
What is the state of affairs in primary schools?
The good news is that primary schools are now over the worst of their growing pains. Curriculum 2005 was recently revised, with the stipulations now being set out in the Revised National Curriculum Statement. The purpose of the revision was to iron out problems pointed out by primary school educators over the past few years.
What does the revision entail?
One of the problems with Curriculum 2005 was that the way in which the outcomes (what a child must be able to do -that on which she is tested)were written was often vague and unclear. Specific attention was given to this and educators were given intensive training in the new curriculum.
'Much of the wording and terminology have been changed and are now more comprehensible,' explains Erna van Camp, head of the Melkbos Preparatory School near Cape Town. 'The guidelines are no longer that vague and the outcomes are clearly spelt out. Educators now know exactly what a child should be able to do in order to reach a certain point.
I think more educators now also appreciate the value of OBE. It is no longer just about what a child knows, but also what she can do with that knowledge and how she can apply it in life.' where do I find learning material? Another big complaint was the limited amount of learning material that was available for OBE. But that is also changing rapidly, because more and more publishers are now printing OBE material. 'We can now pick and choose to our hearts 'content and buy what will work best for our children,' says Erna. Her advice to parents is to help them with the gathering of information. 'Do not do the work for your children, though; rather get involved practically.'
… And the state of affairs in high schools?
While primary schools have just about crossed the Rubicon, high schools are buzzing about the many changes that are still to come. Two new curricula, new subject choices as well as selection requirements at tertiary institutions are among the changes that are awaited.
When will all this happen?
The first of the two new curricula, one for grades eight and nine, is in use in schools. At the end of 2003,the current grade 10s wrote the first General Education and Training Certificate (GETC)exam. The current grade nines (previously Std 7) are the last group to write the old Senior Certificate exam. Children who are now in grade eight (formerly Std 6)will be the first to write the Further Education and Training Certificate (FETC)exam in 2008.The second curriculum will therefore be followed from 2006 when this group enters grade 10.
What will the format be for the national exam?
The FETC and GETC are very different to the old Senior Certificate exam. Children's performance is tested at three levels, namely knowledge, skills and value. In a language subject such as English, for example, the level of knowledge refers to how well the child can spell (theory)and the level of skill indicates how well she can speak, write and execute projects. On the other hand, the value level refers to her knowledge of research and the cultural content of the subject.
Another big difference is that up to grade nine learners get a mark out of four for each learning area. If a learner achieves less than 35%for a learning area, she attains 'one', which means that she has not achieved her outcome. For a mark between 35%and 40%she gets 'two '(she has achieved her outcome partially),for 40%to 69%she gets 'three '(the desired outcome has been achieved)and for more than 70% she gets 'four ',which means that the outcome has been achieved with excellence.
From grade 10,the mark is out of six for each subject. 'One '(0%to 29%)means she has not achieved the outcome, 'two '(30% to 39%)means she has partially achieved the outcome, 'three '(40%to 49%)means the outcome was achieved, 'four '(50%to 59%)means the outcome was satisfactorily achieved, 'five '(60%to 70%)is meritorious and 'six '(80%to 100%)is excellent. The evaluation is ongoing. For the GETC exam,75%of the total mark is awarded for projects and tests completed in the year. The rest is for a joint project that is handed in at the end of the fourth term, and a short exam that is written about it.
How will universities' admission requirements change?
That 's still under discussion. For something such as medicine, universities will most probably consider whether the child took the necessary subjects at school (chemistry and biology in the natural sciences area). The system is similar to that which is used by many Western universities.
Does my child have to make a career choice in grade nine?
Yes, for all practical purposes. The three subjects that a child selects at the start of grade 10 are very specific. She will probably base her choice on her strong and weak points.
According to Hammies van Niekerk, head of Jan van Riebeeck High School in Cape Town, the onus is on parents and schools to give grade nines the necessary guidance when they choose their subjects. 'Our grade nines, for example, attend guidance sessions at the University of Stellenbosch and we have compiled a profile of each child 's personality, interests and abilities for our parents.'V
What do the two curricula entail?
There are two curricula for high school learners -one for grades eight and nine (a continuation of the curriculum from grade 0)and one for grades 10 to 12.
In grades eight and nine children have eight compulsory areas of learning. These are languages and communication (a first language and a second language, both of which must be among the 11 official SA languages); mathematics; natural sciences (chemistry, biology and physiology); economic and management sciences (economics, accountancy and business economics); human and social sciences (geography and history); technology (chemistry, design, technical drawing, spatial orientation, electricity and strengths of materials); art and culture (music, dance and theatre); and life orientation (an extended version of the former guidance). At the end of grade nine children write a national exam, the GETC. Then they can decide whether to go on with grades 10 to 12 or to leave school and start working.
In grades 10 to 12 learners follow the second curriculum. It comprises seven fields of learning, of which four subjects are compulsory. Compulsory subjects are a first language and a second language (both of which must be among the 11 official SA languages); mathematics and life orientation or mathematical literacy.
The learner must then choose three subjects from the following five fields: art and culture (dance, design, drama, visual art and music); business, economic and management sciences (accountancy, business economics, consumer studies, economics, hospitality and tourism); manufacturing, engineering and technology (electrical technology, engineering drawing and design, and mechanical technology); human and social sciences, and two additional languages (history, geography, an official SA language and other languages still to be decided);natural, mathematical, computer and agricultural sciences, biology and information technology (agriculture, biology/life sciences, applied computer science, information technology, maths and natural science).
The child must choose two subjects from one of the five fields and a third subject from the same or another field. At the end of grade 12,the learner will write a national exam known as the FETC.
Department of Education website : www.education.gov.za
'Private schools are good value for money'
The Star 2 September 2003
'Public education in many developing countries is neither free nor cheap'
'Private education is good as well as affordable'
By Peroshni Govender
Who said private schools are only for the wealthy or are dubious fly-by-night institutions?
A multinational study has found that it costs less to educate children at some of South Africa's private schools than it does at government schools.
The report, Profitable and Affordable - Private Education In The Developing World, found "not all independent schools cater for rich families".
Researched by the International Finance Co-operation (a division of the World Bank), the study found that private education in developing countries was of a high quality, widely available to both the middle class and poor, and lobbied for policy-makers to encourage its growth.
"By far the smallest group of private schools are those very expensive elite schools that unfortunately continue to dominate the popular perception of the sector."
In South Africa, private school fees ranged from R8 500 to R45 000 a year at more affluent institutions, and up to R10 000 at former Model C schools.
Private schooling has a reputation of being out of reach for the poor, but the report suggests otherwise, saying it should be weighed against the expense of going to a government school, which is not altogether free.
Hidden costs - transport, textbooks, uniforms and stationery - were a strain on poor parents.
"In many developing countries (including South Africa, Argentina, Indonesia and Turkey), public schools often charge registration, examination or other fees. It also requires spending on transportation, writing materials and uniforms.
When these costs are taken into account, the gap between annual household expenditure for a public and private school student narrows considerably," the study said.
Independent schools in South Africa had almost doubled since 1994, from 518 in 1994 to at least 1 287 in 2001. Institutions where annual fees were R8 000 and less had the highest growth.
The report said this indicated "increased demand among black South Africans for private education.
"Private education is good as well as affordable. Far from being fly-by-nights, private education companies defend their brands and market share by maintaining quality."
Nationally, the Damelin/Educore group was one such reputable brand, and Sekolo sa Borokgo in Johannesburg and Cornerstone College in Pretoria were "good examples of this new wave of independent schools that cater for the less well-off".
James Tooley, a professor of education policy at the University of Newcastle in England, agrees that government-funded schooling is not always "fair, efficient, developmentally and educationally sound. Public education in many developing countries is neither free nor cheap, and often subsidises higher-income groups at the expense of the poor."
The department of education would not comment until they had read the full report.
This article was originally published on page 2 of The Star on September 02, 2003
Published on the Web by IOL on 2003-09-02 02:19:00