Matriek-vrae

Beeld hoofartikel 30/12/2003 20:02 - (SA)

Elke Suid-Afrikaner behoort bly te wees oor elke matrikulant wat vanjaar geslaag het en elke onderskeiding wat behaal is. Dit getuig van honderdduisende leerlinge se toewyding en ywer.

Maar ongelukkig is die uitslae van 'n matriekeksamen nie noodwendig 'n akkurate weerspieëling van die gehalte van die onderwys nie. En in Suid-Afrika is dit haas onmoontlik om te bepaal hoe geloofwaardig die slaagsyfer is.

Dit is goeie nuus dat die syfer oor die afgelope vyf jaar met die helfte verbeter het - van 48,9% in 1999 tot 73,3% vanjaar. Maar is dit dalk te goed om waar te wees? Is so 'n verstommend skerp toename moontlik sonder dat eksamenstandaarde verlaag is, selfs al neem 'n mens die talle lofwaardige pogings van die onderwysowerhede in ag?

Eweneens dwing matrikulante met meer onderskeidings as die voorgeskrewe ses matriekvakke bewondering af. Tot groot hoogte kan hul ywer toegeskryf word aan 'n toenemend mededingende omgewing. Maar is dit realisties moontlik vir 'n matrikulant om met die behoud van hoë eksamenstandaarde tot 16 onderskeidings te kry?

Nog vrae kan gestel word oor die standaard van die deurlopende evaluering van matrikulante, wat 25% van die finale punt vir elke vak oplewer, oor die vermindering van matrikulante met 70 000 sedert 1999, en oor die feit dat universiteite dit nodig vind om ook eie keuring van studente toe te pas.

Dan hang 'n groot vraagteken oor die wyse waarop uitkomsgerigte onderwys toegepas word, na aanleiding van ernstige probleme met vanjaar se gr. 10-eindeksamen.

Waarskynlik het die gehalte van onderrig by talle skole wel verbeter, maar daar is net te veel vrae oor die werklike algemene gehalte van die onderwys en die standaarde van die matriekeksamen.

http://www.news24.com/Beeld/Hoofartikels/0,,3-65_1464507,00.html

Staat kan nie toutrekkery oor beheer van onderwys wen nie

Piet Muller

Beeld 30/12/2003 20:21 - (SA)

Onderwys is 'n magtige instrument om politieke doelwitte mee te bereik. Dáároor sou selfs dr. H.F. Verwoerd en min. Kader Asmal kon saamstem. Daarom dat politici al hoe meer geneig is om in onderwyssake in te meng - dikwels tot ontsteltenis van die arbeidsmark.

Simbole op Suid-Afrikaanse matrieksertifikate gaan oor 'n paar jaar vervang word deur meer "neutrale" beskrywings. Dan sal dit vir oningewydes bykans onmoontlik wees om te weet wie het met onderskeiding geslaag en wie hang maar aan die stertkant van die klas rond. 'n Outydse "vet F" sal byvoorbeeld voortaan "voldoende prestasie" wees.

Dit is nie 'n verskynsel uniek aan Suid-Afrika nie. Selfs in die VSA trek politici en onderwysowerhede gereeld hieroor tou.

Die politici wil eksamens afgeskaf hê omdat leerlinge uit armer buurte en sekere etniese groepe om verskeie redes swakker vaar as leerlinge uit sekere ander groepe. Dit is 'n politieke verleentheid. Talle Amerikaanse deelstate vereis dus nie meer 'n skooleindeksamen nie.

Die donker kant

Tog het die Amerikaanse sentrum oor onderwysbeleid
(www.cep-dc.org) onlangs bevind skooleindeksamens is nie net besig om terug te kom nie, maar word boonop al hoe moeiliker.

Vyf uit elke tien Amerikaanse skoolverlaters skryf al sulke eksamens en dié syfer sal waarskynlik binne vyf jaar groei tot 70% - bloot omdat werkgewers wil weet wie hulle aanstel en wat hulle in staat is om te doen.

Dié eksamens verskil grootliks van norme wat neergelê is in die VSA se omstrede "No child left behind"-wet, wat van al 50 deelstate verwag om teen 2005 jaarlikse toetse te hê in leesvaardighede en wiskunde tussen gr. 3 en gr. 9.

Van 2007 moet daar minstens een toets per jaar in wetenskap wees vir leerlinge tussen gr. 10 en gr. 12. Dié toetse word nie gekoppel aan 'n skooleindsertifikaat nie.

Desondanks steek skooleindsertifikate, wat sterk klem lê op leerplanne (pleks van uitkomsgerigte onderwys) al hoe meer kop uit. Negentien Amerikaanse deelstate het al sulke eksamens.

Die donker kant van dié eksamens is die hoë persentasie druipelinge onder die armes en etniese minderhede. Soms is die uitkoms net meer as waarvoor politici kans sien: in New York is die eksamenuitslae al nietig verklaar omdat te veel leerlinge die wiskunde-eksamen gedruip het.

Die deelstaat Kalifornië het sy nuwe skooleindeksamen, wat in 2004 ingestel sou word, uitgestel tot 2006 nadat 'n peiling voorspel het dit sal daartoe lei dat sowat 20% minder kandidate slaag.

Florida het besluit om wel met sy strenger eksamens voort te gaan, maar om 'n alternatiewe sertifikaat aan te bied vir kandidate wat nie aan die hoër vereistes kan voldoen nie.

Internet se rol

Die ironie is dat hoe meer politici in die onderwysproses inmeng, hoe wyer maak hulle die deur vir private onderwys oop - veral in 'n tyd waarin regerings ál minder beheer kan uitoefen oor wat op die internet gebeur.

Dit is opvallend dat private TV- stasies en groot rekenaargroepe wêreldwyd aggressief tot die onderwysbedryf toetree.

Só kan 'n mens al vanuit Suid- Afrika met behulp van die internet vir sowat 30 internasionaal erkende M.B.A.-grade inskryf: tuisstudie wat dikwels heelwat minder kos as aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit.

Dieselfde geld skole. Deur die klem te verskuif van die onderwysmodel wat ons nou al 300 jaar lank ken na rekenaargesteunde onderwys, kan gehalte-onderwys sonder enige staatsubsidie aangebied word.

Hoe meer leerlinge - en hul ouers - begin dink politieke inmenging in skole benadeel hul toe koms , hoe aantrekliker gaan dié opsie raak.

Aan die wortel van die toutrekkery tussen politici aan die een kant en veral werkgewers aan die ander kant, lê die radikale verandering wat die wêreldekonomie ondergaan. Waar arbeid vroeër, naas kapitaal, die belangrikste produksie-inset was, word dit nou vinnig deur kennis vervang.

"Kenniswerkers" - mense met spesiale vaardighede en gespesialiseerde kennis - het die elite- werkers van die geglobaliseerde arbeidsmark geword. Wêreldwyd is daar 'n dringende tekort aan sulke mense.

Verby is die dae toe werkers vir hul "teenwoordigheid" betaal is. Nou word jy betaal volgens wat jy kan doen. Om tot dié nuwe arbeidsmark toe te tree, moet jy 'n bewese rekord van bevoegdheid hê - of 'n sertifikaat wat bevoegdhede op sekere kardinale gebiede duidelik uiteensit.

Gesogste sertifikate

Daarom dat die leerlinge van al hoe meer Suid-Afrikaanse skole buiten hul Suid-Afrikaanse eksamens ook eksamens van onder wysowerhede in Brittanje of Australië skryf. Sulke kwalifikasies skep net meer internasionale werkgeleenthede.

Asmal het by geleentheid al gedreig om dit te verbied, klaarblyklik omdat dit bedenkings oor Suid-Afrikaanse kwalifikasies impliseer. Maar of hy ingevolge die Grondwet die reg daarop het, is 'n ander vraag.

Boonop is van die gesogste sertifikate in die arbeidsveld dikwels vir studie waaroor die staat weinig beheer het. Dink maar aan die opleiding van aktuarisse en geoktrooieerde rekenmeesters. Of aan Microsoft en ander groot maatskappye se sertifikate van bevoegdheid, wat dikwels meer gesag dra as enigiets wat deur skole of tersiêre instellings aangebied kan word.

Die staat kan op die duur nie die toutrekkery oor die beheer van onderwys wen nie. Daarvoor is die veranderings in die ekonomie te ingrypend - en ontwikkel tegnologie wat uiteindelik die klaskamer sal vervang, te vinnig.

Dr. Piet Muller is 'n toekomsnavorser met 'n spesiale belangstelling in hoe tegnologie en ideo

http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_1464532,00.html

Asmal glimlag

Beeld-span 30/12/2003 21:39 - (SA)

Kaapstad. - Suid-Afrika het die beste uitslae in die matriekeksamen behaal sedert die laagtepunt van 1999 en sedert die doelgerigte pogings van 2000 af om dit te verbeter.

Die slaagsyfer het sedert daardie donker jaar nou deur die grens van 70% gebars.

Mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, het tydens die bekendmaking van uitslae by die parlement gesê hy is tevrede met die afloop van die eksamen en die nasionale slaagsyfer.

In reaksie op Asmal se tevredenheid het prof. Jonathan Jansen, dekaan van opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), gesê dit is tyd dat die onderwysdepartement verduidelik hóé hy jaarliks by die matriekslaagsyfer uitkom. Hy het die verbetering in die nasionale slaagsyfer as "belaglik" beskryf.

Hy meen die departement moet verduidelik hoe die uitslae bereken word en wat die modereringsproses presies behels.

Asmal het gesê die verbetering kan grootliks toegeskryf word aan ingrypingsprogramme by skole. Volgens Jansen was hy self al by sulke programme betrokke en dit kan nie 'n styging van tussen 5 en 10 persentasiepunte verduidelik nie.

Asmal het kritiek verwerp dat die uitslae deel van 'n verkiesingsfoefie is. Hy het ontken dat daar enigsins met die uitslae gepeuter is.

Mnr. Corn Booyens, president van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê daar is niks verkeerd met die eksamen se standaard nie. Hy meen dit het die afgelope paar jaar gestyg en dat van die nasionale vraestelle baie moeiliker was as in die verlede.

Die groot onderskeidingsoes onder leerlinge skryf hy toe aan harde werk deur kinders wat nêrens vir hulself 'n heenkome sien nie. Hulle werk vir beurse en om werk te kry.

Die Noord-Kaap met sy bykans 9 000 kandidate het vir die derde jaar agtereenvolgens die ander provinsies met 'n slaagsyfer van 90,7% uitgestof.

Gauteng was derde met 81,5% en Mpumalanga laaste met 58,2%.

Die nasionale slaagsyfer het met 4,4 persentasiepunte van 68,9% in 2002 tot 73,3% verbeter.

Die getal leerlinge wat matriek vrystelling verwerf het, het met 1,7 persentasiepunte tot 18,6% gestyg.

Asmal het swak uitslae van veral swart leerlinge daaraan toegeskryf dat hulle nie eksamens in hul moedertaal aflê nie, maar in Engels.

Hy het die klein verbetering in die slaagsyfer in wiskunde en natuur-en-skeikunde toegeskryf aan sy departement se "geteikende ingryping". Die slaagsyfer van wiskunde het met 2,7 persentasiepunte tot 58,8% verbeter en natuurwetenskap met 3,9 persentasiepunte tot 80,3%.

Politieke partye het die hoër slaagsyfer verwelkom, maar is besorg oor die voortdurende afname sedert 1999 in die getal leerlinge wat matriek skryf.

Vigs, swangerskap, dwelmmiddels en armoede is as redes uitgewys, maar partye het Asmal nogtans versoek om 'n ondersoek te laat doen.

Vanjaar is geskiedenis vir die eerste keer as vak nasionaal geskryf. Altesame 91 867 leerlinge het dit geskryf. Die slaagsyfer is 85,5%. Die ander nasionale vakke is wiskunde (58,8% ), natuur- en-skeikunde (80,3%) biologie (73,4%), rekeningkunde (91,1%) en bedryfsekonomie (83,2%).

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1464598,00.html

Matrieks 'se beter syfers sê nie veel'

Beeld 28/12/2003 21:01 - (SA)

Alet Rademeyer

Die verwagte verbetering in vanjaar se matriekslaag syfer is nie noodwendig 'n verrassing in die lig van die komende verkiesing nie.

Onderwyskundiges meen hoewel daar hier en daar iets prysenswaardigs rondom skole se prestasies gebeur het, het nie juis veel op grondvlak verander nie.

Prof. Jonathan Jansen, dekaan van opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), het gesê 'n deel van die beter uitslae kan verduidelik word, maar dis wensdenkery om te glo daar was 'n groot verbetering in die onderwys. Volgens hom is daar groot politieke druk op die ANC-regering om te bewys dat dienslewering plaasgevind het. Ook in die onderwys.

Hy het gesê die slaagsyfer sal in twyfel getrek word totdat die modereringsproses meer deursigtig is en almal weet hoe die kriteria en punte-aanpassings werk.

Volgens hom word die verbetering betwyfel omdat al hoe meer skoolverlaters nie die mas by tersiêre instellings opkom nie.

Al hoe meer van dié studente druip en hulle is "funksioneel ongeletterd" om te kan studeer.

Volgens Jansen maak die gehalte van sommige van vanjaar se vraestelle 'n mens "senuagtig". Die standaard van die vraestel vir Engels (tweede taal) was byvoorbeeld op die vlak wat 'n gr. 10-leerling sou moes kon bemeester.

"Die werklikheid is dat leer linge al hoe minder basiese kennis het sedert met die toepassing van uitkomsgerigte onderrig (UGO) begin is."

Volgens Jansen plaas die gebreke in die skoolstelsel geweldige druk op universiteite. Aan die een kant word universiteite gedwing om meer studente in te neem en te laat slaag as hulle hul subsidie wil behou. Maar aan die ander kant moet hulle hul integriteit behou en studente toelaat wat kán slaag. Dit is ook 'n rede waarom instellings toenemend hul eie toelatingsvereistes en toetse moet opstel.

Dr. Petro van Niekerk, senior lektor in die departement opvoedkundestudies aan Unisa, stem saam dat 'n verbetering vanjaar nie noodwendig toevallig is nie en dat dit op 'n gunstige tydstip kom voor die verkiesing.

Van Niekerk meen erkenning moet gegee word aan ingrypingsprogramme by sommige skole wat tot beter resultate gelei het. Voorts is die logistieke proses ook beter bestuur.

"Maar 'n mens moet ook nie ooroptimisties wees nie omdat die slaagsyfer 'n baie manipuleerbare syfer is. As dit te vinnig styg, is dit onrealisties en mense sal vra of die vraestelle makliker was en of die modereringsproses aangepas is."

Volgens Van Niekerk is die matriekslaagsyfer 'n "leë" syfer as studente in hul eerste jaar uitsak en nie die mas by instellings of die werkplek opkom nie.

In onderwyskringe is die afgelope tyd bespiegel dat die slaagsyfer in sekere provinsies met tussen 3 en 5 persentasiepunte kan verbeter.

Die nasionale slaagsyfer was verlede jaar 68,9%. Dit is 7,2 persentasiepunte beter as die 61,7% van 2001.

Die volledige uitslae met berigte van toppresteerders verskyn môre in Beeld.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1463912,00.html

'Improved matric results'

News 24 27/12/2003 20:40 - (SA)

Inge Kuhne

Johannesburg - Provincial education authorities believe this year's matric results will be even better than last year's pass rate of 68.9%.

Although results will only be released on Tuesday, it is widely believed that there will be reason to celebrate.

The 2003 exams went without any major hitches, such as leaked question papers, poor control or problems with marking, which marred exams in the past.

KwaZulu-Natal, which had a 70.8% pass rate last year, expects a pass rate of at least 75% this year, says education MEC Narend Singh.

Mpumalanga expects a marked improvement on last year's 55.8%.

North West hopes for a pass rate of at least 70%, 3% higher than last year.

Northern Cape education spokesperson Mxolisi Malatu says the province expects an improvement on last year's 89.9%, which was the highest in the country.

Eastern Cape education says it is optimistic about this year's results. Last year only a little more than half of all matrics in the province passed.

Brian Schreuder, deputy director general of education for the Western Cape, says it is difficult to predict results, but the province expects to at least equal last year's 86.5%. He also expects several schools to achieve a 100% pass rate.

The provinces ascribe the good results to the success of intervention strategies in schools that previously had a pass rate of lower than 20%.

Most provinces also experienced a satisfying school year with few interruptions. Study material also reached schools on time.

Results will be made available at schools, in newspapers and on the websites of the different education departments.

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_1463709,00.html

Gr. 12's dop soos vlieë weens UGO

Beeld 10/12/2003 22:16 - (SA) Alet Rademeyer

Tussen 20% en 25% van gr. 10-leerlinge aan verskeie hoërskole in Gauteng het die afgelope eksamen slagoffers geword van die chaos rondom uitkomsgerigte onderrig (UGO) en hul eksamen gedruip.

Verskeie hoofde met wie Beeld gister gepraat het, sê dit is 'n "sielsbekommernis" vir skole.

Die dilemma, wat glo ook amptenare by die departement uiters bekommerd het, word toegeskryf aan die chaos rondom UGO.

Twee hoofde aan skole in die weste van Pretoria het gesê die gemors is dat gr. 10-leerlinge wat UGO gekry het, nie die mas opkom met die ou leerplan nie.

Dié groep is die eerste wat dwarsdeur hul skoolloopbaan UGO gekry het, maar nou voorberei moet word om die "ou akademiese matriekeksamen" in gr. 12 te skryf. "Dit is die eerste keer wat hulle met toetse en eksamens gekonfronteer word. Die inhoudelike was vir hulle te veel om te han teer," het 'n hoof gesê.

In 'n skool met sowat 200 leer linge het sowat 45 nie die mas opgekom nie. In sommige skole is dit tot 85 leerlinge uit die groep.

Volgens die hoof is die probleem dat die leerlinge nie weet wat dit werklik beteken om te studeer en inligting te memoriseer nie. Hulle is gewoond aan groepswerk en punte wat hulle met take en portefeuljes opgemaak het. "Hulle weet glad nie wat dit beteken om op hul boude te sit en te leer nie."

Nog 'n hoof het gesê mense sal hul hande saamslaan as hulle kon sien hoe die gehalte van die leer linge se antwoordstelle lyk. Van hulle kan nie eers 20% vir wiskunde behaal nie.

Nóg 'n hoof het gesê dit sou waarskynlik baie erger in sy skool gegaan het, was dit nie vir die bykomende ure en harde werk deur vakonderwysers nie. Onderwysers in veral wiskunde, wetenskap en rekeningkunde het baie ekstra ure ingesit om leerlinge te help om basiese konsepte te bemeester en 'n agterstand in te haal.

'n Hoof aan die Oos-Rand het gesê bykomend tot die probleem is die groot gaping tussen gr. 9 en gr. 10.

Sy het gesê baie leerlinge wat lankal moes gedruip het, is eenvoudig deurgesit omdat hulle net een keer in elke fase mag druip. (Die fases is gr. 1-3, 4-6, 7-9 en
10-12). 'n Leerling wat byvoorbeeld een keer in die fase gr. 7-9 gedruip het, moet deurgesit word.

Só is daar verskeie leerlinge wat glad nie die mas opgekom het in gr. 10 nie.

Die hoof het gesê hoewel baie van die leerlinge ná gr. 9 nie terugkom nie, probeer die skool leerlinge en hul ouers aanmoedig om terug te kom "aangesien matriek darem die minste is waarmee leerlinge die toekoms ingestuur moet word".

Nog 'n hoof in Pretoria het gesê die gemors sal nie opgelos word solank daar 'n gesindheid onder leerlinge is dat UGO eintlik maklik is nie. "UGO kan werk, mits dit reg toegepas word. Maar wat talle mense uit die oog verloor, is dat basiese kennis steeds die grondslag van onderrig moet wees."

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1457958,00.html

Leerlinge werk nie self genoeg, verwag te veel van onnies

Beeld 18/12/2003 20:53 - (SA)

Alet Rademeyer

Uitkomsgerigte onderrig (UGO) en Kurrikulum 2005 kan nie al die skuld vir die hoë druipsyfer onder vanjaar se gr. 10-leerlinge kry nie.

Skoolhoofde meen van die leerlinge is "kunsmatig" van gr. 9 na gr.10 oorgeplaas nadat die slaagvereistes in gr.9 verlaag is.

Om gr. 8 te slaag, moet 'n leerling 3 vir tale sowel as wiskunde kry en ten minste 'n 2 vir alle ander leerareas.

Dié punte word soos volg toegeken: 1 = 0% - 39%; 2 = 40% - 49%;
3 = 50% - 69% en 4 - 70% en meer.

Dit was veronderstel om ook só vir gr. 9 te wees.

Verlede jaar is punte vir gr. 9's wat vanjaar in gr. 10 is, egter soos volg toegeken: 1 = 0% - 34%;
2 = 35% - 39%; 3 = 40% - 69% en
4 = 70% en meer.

Leerlinge kon dus baie laer persentasies kry om na gr. 10 oorgeplaas te word.

Dr. Johan Drotsky, hoof van die Hoërskool Staatspresident C.R. Swart, meen baie van die gr. 10's wat vanjaar gedruip het, moes vroeër teruggehou geword het.

Die rede waarom die promosievereistes vir gr. 9 aangepas en verlaag is, is omdat dié groep in 'n aanvoorstadium is vir die instelling van die sogenaamde algemene onderwys- en opleidingsertifikaat wat leerlinge later gaan kry voordat hulle met die voortgesette onderwys- en opleidingsfase (VOO) begin.

Die verlaagde assesseringsyfer is ook vir vanjaar se gr. 9's gebruik, wat kan beteken dat hulle nét so kan sukkel wanneer hulle volgende jaar in gr. 10 is.

Nóg redes waarom gr. 10's sleg gevaar het, is omdat hulle nie die mas tydens die deurlopende assessering opgekom het nie.

Talle het nie deur die jaar gewerk en goeie jaarpunte opgebou nie.

Die uiteinde is dat dié leerlinge nie gereed is om te studeer nie. Hulle het 'n gebrekkige agtergrondkennis en verstaan niks in hul leerareas nie, het nog 'n hoof aan Beeld gesê.

Drotsky het gesê Kurrikulum 2005 is nie sonder gebreke nie, maar 'n groot deel van die probeem is die persepsie by heelparty leerlinge dat hulle nie in UGO kan druip nie.

"UGO is daarop gemik om leer linge groter verantwoordelikheid te gee. Hulle, hul ouers en onderwysers moet dit aanvaar en beoefen.

"Te veel leerlinge verwag nog dat die onderwyser alles vir hulle moet doen."

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1461298,00.html

Swak gr. 10's

Beeld 11/12/2003 19:47 - (SA)

Die fiasko met Gautengse gr. 10-leerlinge van wie tussen 20% en 25% vanjaar gedruip het, word mooi deur 'n skoolhoof van Pretoria verduidelik: "Hulle weet glad nie wat dit beteken om op hul boude te sit en te leer nie."

Uitkomsgerigte onderwys (UGO) kan nie uitgesonder word vir dié leerlinge se hoë druipsyfer nie. In beginsel is UGO 'n gesonde stelsel wat, as dit reg toegepas en gemonitor word, tot voordeel van die onderwys én leerlinge is.

Die probleem lê veel eerder by die feit dat leer linge klaarblyklik onder die indruk gebring is - moontlik deur oningeligte onderwysers - dat hulle nie meer hoef te leer nie. Die klem val met UGO op groepwerk en take, maar in die proses het die goeie ou beginsel dat kennis die grondslag van onderrig is, by baie skole in die stof gebyt.

UGO is nog 'n betreklik nuwe konsep in Suid- Afrika en 'n mens kan dus aanvaar dat daar nog aanpassingsprobleme sal wees. Maar as die toekoms van kinders deur die verwarring en onsekerheid in die spel geplaas word deurdat so baie van hulle druip, moet die gevaarligte flikker.

Die onderwysowerhede moet dringend toesien dat alle onderwysers op die hoogte van UGO gebring word, maar spesifiek die vereiste dat kinders steeds móét studeer - verkieslik selfstandig - om 'n sukes van hul skoolloopbaan en latere beroepslewe te maak. Op hul beurt moet onderwysers dié boodskap aan leerlinge oordra. As 'n kultuur van onderrig sonder selfstandige studie eers gevestig is, gaan dit die land baie duur te staan kom.

http://www.news24.com/Beeld/Hoofartikels/0,,3-65_1458432,00.html

OBE failures spark fury

News 24 12/12/2003 21:58 - (SA)

Alet Rademeyer

Pretoria - Parents of grade 10 pupils who have failed on Friday blamed Education Minister Kader Asmal and his officials for not ensuring a smooth crossover to the new curriculum system.

One upset parent, Wynand Coertzen said Asmal would have to answer for this.

Coertzen said he had spent the past year speaking to teachers about his child's poor performance.

"They just shrug their shoulders and say it's not their fault the department decided to revert to the old curriculum."

Coertzen expressed what hundreds of other parents felt, and told of his concerns for his child's future.

He said he understood an entire class at Sasolburg Technical High School had failed.

He said it was also understood a request had been made for pupils who had failed not to return next year.

Coertzen said he was extremely upset and asked how he was supposed to help his child with maths when he had last done it in grade 2.

'What good is sympathy?'

Another parent, from Pretoria, said the only choice he now had was to send his child to a technical school.

He said teachers had "sympathised" with him, but "what good is sympathy when your child's life has been destroyed".

A parent, whose daughter was at Eersterust High School near Pretoria, said on Friday he was pleased she was one of the 27% of grade 10s who had passed.

He said he was moving her to a new school next year where teachers could give children more attention.

According to him, he had been in a constant battle with the department of education regarding the problem: "They just ignored me."

He said it would be interesting to see what the school did next year with all the failed pupils.

An education expert from the University of Pretoria said about 200 000 grade 10 pupils had failed.

Duncan Hindle, deputy director-general of the national education department, said the department first needed to brief him on the extent of the problem.

According to him, the bridge between grade 9 and grade 10 should have been covered smoothly. He said guidelines for teachers had been sent to schools.

He advised parents, however, not to give up hope, but to send their children back to school.

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_1459030,00.html

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,4127,3-975_1459108,00.html

Onderwyswet

Beeld (hoofartikel) 02/12/2003 20:22 - (SA)

Die hofsaak waarin die departementshoof van die onderwysdepartement in Limpopo oor die vingers getik is omdat hy buite sy magte opgetree het, dui op 'n groter probleem waar amptenare nie kragtens die Suid-Afrikaanse Skolewet en die Wet op Indiensneming van Opvoeders optree nie.

Wetgewing bepaal dat 'n beheerliggaam van 'n openbare skool onderwysers vir aanstelling, bevordering en oorplasing na 'n openbare skool moet aanbeveel.

Limpopo se poging om onderwysers sonder aanbeveling te probeer oorplaas, is 'n miskenning van een van die grondliggende beginsels van die nuwe onderwysbedeling - naamlik dat beheerfunksies van skole op die vlak van die plaaslike gemeenskap hoort, soos verteenwoordig deur die beheerliggaam.

Met sy optrede het die departement nie die regte van kinders, onderwysers en ouers eerbiedig nie.

Dit is jammer dat dit dikwels duur hofsake verg om amptenare te leer om volgens die wet op te tree.

http://www.news24.com/Beeld/Hoofartikels/0,,3-65_1453945,00.html

'Kyk hoekom party skole leegloop'

Beeld 01/12/2003 20:42 - (SA)

Alet Rademeyer

'N Uiters ongebalanseerde situasie wat die regering dringend moet ondersoek.

Só het politici en skoolhoofde Maandag gereageer op die plekprobleem vir leerlinge in Gautengse skole.

Terwyl gewese model C-skole uit hul nate bars en gedwing word om talle leerlinge op waglyste te akkommodeer, smag heelparty skole in die omliggende townships na meer leerlinge.

Mnr. David Quail, DA-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê "dit bewys weer dat ouers al hoe meer met hul voete stem terwyl die onderwysdepartement blykbaar verkies om dié tendens te ignoreer". Volgens Quail was daar vanjaar 63 000 leerlinge in die provinsie vir wie nie beplan is nie.

"Om dié leerlinge te akkommodeer, word al hoe meer druk op model C-skole in voorstedelike gebiede geplaas."

Me. Juli Kilian, NNP-lid in die wetgewer, het gesê die departement sal moet begin kyk waarom swart skole leegloop. "Om al hoe meer druk op skole te plaas wat hul bes doen om gehalte-onderrig te lewer sal nie die groter probleem laat verdwyn nie."

Mnr. Theo Panya-Panya, werwer by die Ibhongo Secondary School in Soweto, het gesê die uittog van swart leerlinge na stedelike gebiede is 'n rede waarom hulle so min leerlinge het. Dié skool het vir sowat 650 leerlinge plek.

Hy het gesê ouers vat hul kinders uit die townships omdat hulle vrees vir hul veiligheid omdat van die skole nie behoorlik omhein is nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1453480,00.html

Minister vra 6,5%-perk in styging van onderriggeld

Beeld 24/11/2003 22:09 - (SA) Jan-Jan Joubert

Kaapstad. - Mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, gaan 'n brief aan die rektors van universiteite en technikons skryf met 'n versoek dat 'n perk van 6,5% op die verhoging van onderriggeld geplaas word.

Asmal het ná 'n vergadering van die raad van onderwysministers Maandag sy kommer oor die stygende koste van onderwys by skole én tersiêre instellings uitgespreek.

Hy het gesê hoewel die nasionale onderwysdepartement met kommer verneem dat sommige skole hul skoolgeld met tot 45% verhoog en ondersoek instel daarna, is dit uiteindelik beheerliggame wat die verhogings bepaal en deur die ouers tot verantwoording geroep moet word.

"As skole te veel geld vra vir die verskaffing van basiese onderrig, sal die departement ingryp. Waar dit egter gaan oor bykomende aspekte, is dít die prys wat ouers betaal vir groter outonomie. Ouers moet gewoon leer dat die skool binne sy vermoëns moet leef," het hy gesê.

Hy is in sy noppies dat vanjaar se matriekeksamen sonder noemenswaardige kullery afgeloop het - 'n merkwaardige prestasie gegewe die omvang daarvan, met meer as 7 000 eksamenlokale en derduisende betrokkenes.

Asmal het ook gesê die verskaffing van onderrigmateriaal en die inskrywing van leerlinge vir volgende jaar is grootliks afgehandel, wat 'n groot verbetering op die verlede is.

'n Nasionale konferensie vir skole se beheerliggame waar veral gefokus gaan word op die voorkoms van rassisme, die verbetering van skoolbestuur en dissipline in skole word vir Februarie beplan.

Asmal het gesê voorvalle van rassisme raak al hoe minder en het gevra dat begrip weliswaar eerstens vir die slagoffer van rassisme getoon moet word, maar ook vir die jong rassis, sodat die vaders se sonde nie besoek word aan die kind nie.

Suid-Afrika is ook besig om terug te veg teen die voortdurende afrokkeling van onderwysers deur ander lande soos Brittanje. Asmal vergader deurgaans met sy ampsgenote om te keer dat te aantreklike pakkette aan Suid-Afrikaanse onderwysers aangebied word en 'n ooreenkoms is op pad.

"Elke mens het vryheid van beweging, maar ons kan voorkom dat ons onderwysers verlei word met aanbiedings van byvoorbeeld belastingkwytskelding. Ons belê te veel geld in die opleiding van onderwysers om toe te sien dat hulle die land op groot skaal verlaat," het Asmal gesê.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1450210,00.html

'Sê vir staat dankie dat skoolgeld styg'

Beeld 24/11/2003 22:09 - (SA) Alet Rademeyer

Die styging in munisipale uitgawes, die aanstelling van al hoe meer onderwysers in beheerliggaamposte, instandhoudingskoste en toenemende druk om gehalte-onderrig te bly voorsien.

Dít is van die redes waarom talle openbare skole hul skoolgeld vir volgende jaar moet verhoog, sê skoolhoofde en finansiële beamptes by skole.

Uit 'n navraag by skole in Gauteng blyk dit sowel laer- as hoërskole het geen ander keuse as om hul skoolgeld op te skuif nie. In heelparty gevalle is die styging ver bo die inflasiekoers van 6%.

Skole in gemeenskappe waar ouers noustrop trek en werkloosheid hoogty vier, beoog nie om hul skoolgeld te verhoog nie.

'n Woordvoerder by die Dikgakologo Primary School in Winterveldt buite Pretoria, het gesê dit help nie om die skoolgeld van R65 per jaar te probeer verhoog nie.

"Ouers betaal eenvoudig nie omdat hulle nie kan nie." Volgens haar betaal sowat 56% van ouers teen die einde van die jaar dié bedrag.

'n Woordvoerder by die Ferndale High School in Johannesburg, het gesê dié skool het die afgelope vier jaar nie sy geld verhoog nie. Sy het gesê dit het geen nut om meer geld van ouers te vra wat sukkel nie. "Ons kry swaar en bespaar op enigiets waar dit moontlik is."

Die skoolgeld by die skool is R6 325 per jaar. Volgens die woordvoerder kry die helfte van leerlinge geldelike bystand, terwyl meer as die helfte geen skoolgeld betaal nie.

'n Finansiële woordvoerder by die Laerskool Danville in Pretoria het gesê baie ouers is werkloos en die skool verhoog nie sy geld nie.

Dit is R1 500 per jaar vir een kind en R2 800 per jaar vir die tweede en meer kinders.

Die skool maak jaarliks staat op sowat 45% van sy ouers wat betaal.

Mnr. Eugene Laas van die Laerskool Constantia in Pretoria het gesê die skool moes sy geld met tussen 8% en 9% verhoog om 'n verhoging vir onderwysers in beheerliggaamposte te verseker wat gelykstaande aan die salarisverhoging in die staatsdiens is. Dié skoolgeld styg van R4 130 per jaar tot R4 460.

'n Woordvoerder by die Jeppe Girls' High School in Johannesburg het gesê "die staat moet daarvoor bedank word dat skoolgeld by dié skool met sowat 10% moet styg van R7 350 tot R8 100 volgende jaar".

Die meeste van die geld gaan vir die betaling van bykomende personeel by die skool.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1450208,00.html

Pta-leerkrag boos oor Engelse antwoorde

Beeld 24/11/2003 22:10 - (SA) Alet Rademeyer

'n Onderwyser aan die Hoërskool F.H. Odendaal in Pretoria is woedend oor die arrogansie van die onderwysdepartement wat hom laat weet het hy kan self memorandums vir merkdoeleindes in Afrikaans vertaal omdat hulle glo nie iemand het wat dit kan doen nie.

Mnr. At Fourie, ekonomonie-onderwyser vir gr. 10-leerlinge, sê die departement se houding is vir hom onaanvaarbaar.

Leerlinge skryf tans eksamen en die vraestel in dié vak was in Afrikaans. Die vraestel is deur die departement opgestel.

"Maar toe ek vra waar die memorandum in Afrikaans is, is ek ingelig dat ek dit maar self kan vertaal."

Die skool het verlede jaar ook swaarde met die onderwysdepartement gekruis wat op 'n hofsaak uitgeloop het.

Die hof het ten gunste van die skool beslis nadat die Gautengse onderwysdepartement dit tot parallelmediumskool wou verklaar.

Fourie sê die skool is steeds 'n enkelmediumskool met Afrikaans as onderrigtaal. "Ons is geregtig daarop om ons vraestelle én memorandums in dié taal van die onderwysdepartement af te kry."

Beeld het teen druktyd nie antwoorde op navrae aan die Tshwane-Suid (D4) onderwysdistrik gekry nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1450107,00.html

'Asmal kan nie voorskryf oor skoolgeld'

Beeld 25/11/2003 21:50 - (SA) Alet Rademeyer

Mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, kan nie aan skole voorskryf hoeveel skoolgeld hulle moet vra nie. Ouers besluit hieroor en solank hulle tevrede is, is dit in hul hande.

Só het mnr. Paul Colditz, voorsitter van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Dinsdag reageer nadat Asmal sy kommer uitgespreek het oor skole wat in sommige gevalle glo stygings van tot 45% aangekondig het.

Asmal het gesê die departement sal ingryp waar skole te veel vir basiese onderrig vra.

Colditz meen dit is waarskynlik enkele skole wat 'n styging van 45% aangekondig het. Hy meen die gemiddelde styging van tussen 6% en 11% is onvermydelik. In sommige gevalle moet meer leerlinge vrygestel word van betaling wat die las groter maak. Skole het voorts te min personeellede en hul lopende uitgawes styg.

Mnr. Pieter Martins, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê skole verhoog hul gelde omdat lewenskoste styg en omdat die departement nie in hul behoefte voorsien nie. Voorts het ouers die reg om voorsiening te maak vir die standaard en gehalte van onderrig wat hulle wil hê.

Mnr. Thulas Nxesi, sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), het gesê die vakbond sal 'n veldtog begin om enige verhoging in skoolgeld te keer. Volgens hom is die stygings daarop gemik om leerlinge uit te sluit.

Martins het gesê dis nie waar nie. Inteendeel, waar skoolgeld te hoog is, moet meer leerlinge vrygestel word.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1450653,00.html

Welsyn, onderwys kry meer; weermag minder

Beeld 12/11/2003 21:25 - (SA)

Jan-Jan Joubert

Kaapstad. - Die regering gaan die volgende paar jaar aansienlik meer geld aan maatskaplike dienste bestee en minder aan militêre uitgawes, blyk uit die middeltermyn-begrotingsraamwerk wat die tesourie gister by die parlement ingedien het.

"Vinnige uitbreiding van besteding" aan maatskaplike dienste word in die vooruitsig gestel, veral weens die infasering van die welsyntoelae vir kinders tot die ouderdom van 14 jaar. Teen 2004/05 sal maatskaplike besteding R192,9 miljard beloop, met provinsies wat die meeste van die geld bestee aan konkurrente funksies soos onderwys, welsyndienste en gesondheid.

Een van die projekte wat geld gaan opslurp, is die hervorming van hoëronderwysinstellings, met R3 miljard wat vir dié reeks samevoegings en nuwe instellings begroot is.

Verdere verhoogde onderwysuitgawes het ten doel om infrastruktuur, leermateriaal en ondersteuningsdienste in skole te verbeter, asook om meer beurse vir die nasionale finansiële studente-hulpskema te verskaf.

Die aantal Suid-Afrikaners wat sal studeer en indiensopleiding ontvang, sal na verwagting skerp toeneem danksy vaardigheidsplanne as die sektorale onderwys- en opleidingsowerhede (setas) op dreef kom.

Besteding aan justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid sal matig toeneem, met veral kinderregsentrums, die verbetering van hofbestuur en inligtingstelsels en meer aanstellings in die polisie wat voorrang geniet. Die skep van die nasionale agentskap vir maatskaplike sekerheid, wat hierdie week deur die nasionale vergadering goedgekeur is, sal tot 'n veel groter begroting vir die departement van maatskaplike ontwikkeling lei.

Dié reuse-agentskap, wat oor die volgende twee jaar beslag sal kry, sal die betaling van toelaes op nasionale vlak koördineer en die administrasie daarvan wegneem van provinsiale regerings in 'n poging om uitbetalings doeltreffender te laat plaasvind.

Die groot afname in militêre besteding (van 7,9% van die totale begroting in die huige boekjaar tot 6,4% in 2006/07) is veral te danke aan die sterker rand, wat 'n groot invloed het op die koste van die regering se wapenpakket.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1444516,00.html

Skole moet kinders dalk wegwys

Beeld 03/11/2003 23:09 - (SA)

Alet Rademeyer

Parallelmediumskole sal geen ander keuse hê nie as om leerlinge volgende jaar weg te wys as die departement hulle nie meer onderwysers gee nie.

Dié skole is al geruime tyd met die Gautengse onderwysdepartement in 'n stryd gewikkel vir meer poste en begrip vir die dubbele werklading van personeel.

'n Vergadering met die departement is verlede week vir die vyfde keer uitgestel. "Ons is teleurgesteld en kan tot geen ander slotsom kom as dat die departement nie daarin belang stel om na ons te luister nie," het mnr. Lucas Viljoen, voorsitter van die forum vir multikulturele parallelmediumskole in Gauteng, gesê.

Die forum het mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, vroeër vanjaar by die openbare beskermer (OB) aangekla weens sy beweerde onbegrip vir die skole. Die OB is nog besig met sy ondersoek.

Me. Retha du Toit, hoof van die Afrikaanse Hoërskool Germiston, het gesê sy sal leerlinge volgende jaar op waglyste plaas.

"As daar nie onderwysers is nie, kan daar nie onderrig wees nie. Party klasse het reeds 52 leerlinge. Ons kan nie toelaat dat dié klasse nog groter word nie."

Volgens Du Toit het die skool verlede jaar met 80 leerlinge gegroei. Hulle het 'n bykomende pos gekry wat die departement later gekanselleer het.

Sy meen dié skole sal sy leerlinge moet beperk as hulle nie die departement se steun het nie.

Tydens 'n onlangse byeenkoms van 12 parallelmediumskole het dit aan die lig gekom dié skole moes reeds 72 onderwysers in beheerliggaamposte aanstel om te oorleef. Dit het ouers 'n bykomende R7 miljoen gekos.

Hoofde van nog parallelmediumskole het gesê hulle het lank genoeg probeer om onderwys vir alle leerlinge toeganklik te maak. "Skole word gedwing om weer enkelmedium te word. Afrikaanse óf Engelse onderrig sal afgeskaal moet word."

Me. Juli Kilian, NNP-lid in die Gautengse wetgewer, het gesê sy is teleurgesteld in die departement se optrede.

"Die party het die departement gewaarsku dat hy nie sy plig om onderwysers te voorsien al hoe meer op ouers kan afskuif nie."

Die NNP het 'n dringende vergadering met Asmal gevra om die kwessie op nasionale vlak te bespreek.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1439916,00.html

School kicks out Catholic pupils

Sunday Times 2 Nov 2003

Authorities probe Afrikaner school - which upholds the vow of Blood River - for refusing to readmit three brothers.

By MOSHOESHOE MONARE

BITTER: The Lemmon brothers, from left Dean, Dyron and Bradley in front of Volkskool Brakpan. After four years, they were expelled because they are Catholics Picture: MARIANNE PRETORIUS

The Department of Education is investigating a group of Afrikaans independent schools after three boys were thrown out because they are Catholics.

The Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys - which operates some 60 schools countrywide - is being probed after one of its schools, Volkskool Brakpan, refused to enrol the three brothers.

The movement 's admissions criteria include a belief that the "Boere-Afrikaner volk has been called by the Holy Trinity to serve, honour and obey God according to His word."

Pupils are also required to uphold the vow of Blood River " for as long as the volk exists".

The Brakpan school's constitution states that not keeping the vow, which Voortrekkers made before engaging in battle with the Zulus in 1838, would " cost the volk".

Parents are also asked to affirm that Afrikaans is their children's mother tongue.

Now the schools are in danger of losing millions in subsidies from the government.

The situation is considered so serious that Education Minister Kader Asmal and provincial education ministers are to meet this month to discuss the schools.

An investigation was launched by the Department of Education after Amanda and Ernest Lemmon, from Brakpan, were told that their three boys, 16-year-old twins Dyron and Dean , and Bradley, 12, would not be readmitted because the family is Catholic.

The boys had attended the school since 1999.

Amanda Lemmon said this week that she and her husband had enrolled their children at Volkskool Brakpan because it was the closest school to their house.

"Nobody ever mentioned our children's religion," Lemmon said. "It was just a normal school and our children did not experience any problems."

Then, at the end of last year, she said, the school principal phoned to say that the boys should not enrol in the new year.

"The school principal, Elsa Notnagel, argued that the previous principal did not implement the school's policy ," Lemmon said.

But she said Notnagel was part of the panel that had processed boys' forms, and she was well aware of the fact that they were Catholics.

After the school refused to reconsider, the Lemmons complained to the Human Rights Commission which investigated and found that the school discriminated on the basis of religion.

When the movement refused to change its admissions criteria, commission chairman Jody Kollapen wrote to the various provincial education departments directing them to withdraw subsidies.

Volkskool Brakpan alone received over R500 000 in government grants this year.

Said Kollapen: "Our position is that if we look at the admissions criteria, it is clear to us that such schools will only allow admission [to a] limited sector of the population; that is white pupils who profess a particular faith and particular political leanings.

"It is very difficult to conceive that a black person will satisfy those criteria."

The national and Gauteng departments of education immediately launched an investigation into the schools.

They discovered that between them the organisation's six schools in Gauteng received subsidies worth more than R1.1-million a year.

Tidimalo Nkotoe, director in the Gauteng Department of Education, said a departmental investigation had confirmed that the schools discriminated on the basis "of religion and ethnicity" and that their curriculum was not in line with the national curriculum".

But she said withdrawing subsidies was not that simple. This was because there were simply no regulations in place for withdrawing subsidies and de-registering schools that practised discrimination.

"We are currently working on a legislative framework so as to deal with the issue of subsidies and deregistrations," Nkotoe said.

Duncan Hindle, Deputy Director-General in the national Department of Education, said schools were not allowed to discriminate even if they did not receive government subsidies.

He said independent schools that did not follow the national curriculum would not be registered and should not qualify for subsidies.

Hindle added that Asmal and provincial education MECs would meet later this month to discuss the issue.

Notnagel refused to comment.

An official at the movement's head office in Pretoria, Theuns de Wet, said the organisation would only comment after its directors had met on Wednesday.

'Gee Afrikaanses werk om hulle uit die kwaad te hou'

Beeld 16/10/2003 22:19 - (SA)

Jan-Jan Joubert

Kaapstad. - 'n Kwota van 15% intreevlak-staatsdiensposte vir wit Afrikaners om die vervreemding in dié bevolkingsgroep teen te werk.

Dít is die voorstel van een van die land se voorste onderwyskenners, prof. Jonathan Jansen, dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, in reaksie op die vlaag oënskynlik sinnelose geweldmisdade waarby jong, wit Afrikaanse mans die afgelope tyd na bewering betrokke was.

In 'n artikel waarvan 'n opsomming vandeesweek in die dagblad This Day verskyn het, skryf Jansen oor moontlike diepliggende redes vir die beweerde verkragting van 'n vrou in die Maroela-koshuis van die Universiteit van Pretoria, die skiet van vrouestudente op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch en die hofsaak waarin Pretoriase skoolseuns daarvan aangekla word dat hulle 'n swart man doodgeskop het.

Jansen wys uit dat die beskuldigdes enkele dinge gemeen het: hulle is jonk, wit, Afrikaans, manlik en kom in die algemeen uit vooraanstaande families.

Terwyl hy die ergste straf vir die skuldiges bepleit, meen Jansen dit is ook noodsaaklik om te probeer peil wat aanleiding gee tot die soort vervreemding wat tot sulke vergrype lei.

Jansen gee toe dat daar nog altyd 'n boeliekultuur onder die wit Afrikanerjeug aanwesig was en 'n verwronge begrip van manlikheid onder Afrikanermans in die algemeen.

Hy benadruk dat die gewelddadige gebeure in Pretoria en Stellenbosch verder strek as 'n boeliekultuur en lei uit omvattende onderhoude met 'n verskeidenheid Afrikaners af dat ernstige kommer heers oor die Afrikaner se toekomstige rol.

Jansen haal skoolhoofde aan wat deur die bank sê wit Afrikaner-seuns is laks met hul skoolwerk, doen nie huiswerk nie, draai stokkies en raak vandalisties. Hy sien 'n ooreenkoms met die ontmanning van jong swart en bruin mans in die jare 50 en 60 en wyt die endemiese geweld op die Kaapse Vlakte en in veral swart stedelike gebiede daaraan.

"Dit sou 'n vreeslike fout wees om hierdie (wit) seuns as "vrot appels" uit te kryt. Om te meen sulke optrede is blote individuele vergrype kyk omvangryke veranderings in die Afrikanerkultuur mis, veral by jong mans."

"Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie gedrag ten beste verduidelik word as 'n ekstreme vergestalting van frustrasie onder jong wit Afrikanermans. Dis gesetel in 'n gevoel van persoonlike en groepsontmanning, in 'n gevoel dat hulle geen mag het om die land se toekoms te help bepaal of selfs veel van 'n plek in daardie toekoms te hê nie."

Volgens Jansen is die gronde vir dié persepsie te vinde in enige staatsdepartement, waar intreeposte byna eksklusief deur swart mense gevul word met die enigste wit mense die sekretaresses, hier en daar 'n (gewoonlik Engelssprekende) kameraad van 'n ander era en die ou amptenare wat nog van die apartheidstyd vasgebyt het as produk van die elite-oorgang wat die behoud van senior poste gewaarborg het.

Hy voer aan dat die huidige situasies waar wit Afrikaner-mans nog rektors, ekonomiese leiers en politieke voorlopers is, binnekort gaan verander en dat die elite-versoeningsproses nie die jeug ingesluit het nie.

"Hoewel die jong, swart Suid-Afrikaner nou vir die eerste keer met hoop na die toekoms kan kyk, het die jong Afrikaner nie sulke verwagtings nie, veral nie in die staatsdiens nie."

Dít is 'n groot verandering vir mense vir wie die staatsdiens en die landbou nog altyd lewenswyses was en dit help nie liberale Afrikaanse meningsvormers sê bloot "ruk julle reg" nie.

Jansen meen die groot aantal jong Afrikaners wat steeds aanmeld vir diens in die onderwys en die weermag wys dat hulle steeds die land wil dien, ongeag van wie regeer, en aan die land verbonde voel.

Hy is van mening dat jong Afrikaners in die algemeen meer ambisieus is en aan die land verbonde is as jong, wit Engelssprekendes, wat boonop weens gedeelde burgerskap makliker kan emigreer.

Daarom, sê Jansen, is die huidige ontmanning - die verlies van die rolle van broodwinner, verdediger van die familie se eer en familiehoof, verantwoordbaar aan God - só 'n akute verleentheid en lei dit tot soveel vergrype.

Dit sal ontplof, tot nadeel van die ganse Suid-Afrika.

Onder soveel druk sál koshuise, glo Jansen, noodwendig laers word vir die Afrikaner-subkultuur, wat op die sportveld weens kwotas onder druk verkeer, op universiteit die wind van voor kry weens rassedoelwitte en slegs die kerk en sommige skole oorhet waar daar nie die een of ander vorm van kwotas is nie.

Hy hark die Geo Cronjé-sage, die wit bedelaars in Pretoria se strate met 'n kennisgewing "Werkloos as gevolg van regstellende aksie" en die verhale in Afrikaner-kringe (al is dit ongegrond) wat alle swart aanstellings tot regstellende aksie reduseer by om die omvang van die ontevredenheid aan te toon, wat boonop deels te wyte is aan ernstige probleme vir jong Afrikaners om werk te kry.

Hy stel dus voor dat, in die belang van nasionale versoening, 15% van intreeposte in die staatsdiens vir wit Afrikanermans opsy gesit word. Die twee redes wat hy aanvoer, is dat swart benadeling nie vervang moet word deur wit benadeling nie en dat die enigste manier om sosiale segregasie te beëindig is om meer gedeelde ruimtes te skep, byvoorbeeld die werkplek.

NOT CLEVER

The Citizen 25 Sept. 2003 (hoofartikelkolom)

WE are not sure why the government is reconsidering subsidies to certain Afrikaans schools. But, given

Education Minister Kader Asmal's targeting of Christian education, and several moves suggesting a negative attidude by the authorities towards Afrikaners, it is reasonable to suspect an element of vindictiveness.

If the schools are behaving in an unconstitutional manner, that must be addressed.

But Asmal must remember the money he intends to withhold does not belong to him.

It comes from taxpayers, of whom Afrikaners form a significant component.

This government, especially the busybody Education Department, must beware of deliberately antagonising and alienating any groups, including Afrikaners.

In Heritage Week, let's remember that we are all South Africans.

Heroorweging van skole se geld gekap

Beeld 25/09/2003 22:09 - (SA)

Alet Rademeyer

Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys (BCVO) het met weersin verneem van die onderwysdepartement se planne om subsidies vir dié skole in heroorweging te neem.

Mnr. Theuns de Wet, sekretaris en bestuurder van die BCVO, het Donderdag gesê die BCVO-skole handhaaf hoë standaarde soos blyk uit 'n 95%-matriekslaagsyfer en oudstudente se prestasie op tersiêre vlak.

Hy het gesê dit is veelseggend dat mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, nie sy aandag fokus op ernstige probleme in openbare skole nie.

"Ons is veral verontrus oor die minister se uitlatings en uiters diskriminerende houding waarin BCVO as gereformeerde onderwysbeweging vir Christene vir sy venyn uitgesonder word."

Dié reaksie kom na 'n besluit van die raad vir onderwysministers (ROM) Maandag in Kaapstad dat BCVO-skole se subsidies heroorweeg moet word.

As deel van 'n bespreking oor "menseregteskendings" het die raad die voortbestaan van dié skole onder die BCVO weer oorweeg.

Daar is besluit om CVO-skole "streng te monitor" om toe te sien dat hulle in ooreenstemming met die wet en vereistes vir die kurrikulum en assesering optree.

Hierop het De Wet gesê die BCVO kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat die skole se geloofsgrondslag hulle in die minister se verwronge kader van menseregteoortreders plaas nie.

Die departement het ook verwys na Afrikaner Volkseie Sport. Skole kan nie toegelaat word om aan "ras-eksklusiewe" sportgeleenthede deel te neem nie, het die ministers gesê.

Volgens De Wet neem BCVO-skole nie hieraan deel nie. Individue neem egter op hul eie hieraan deel.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1421579,00.html

InnoTech Dynamics Web-Ontwerp InnoTech Dynamics Web Design