Nuutste persberigte oor onderwyssake

"Nasionale Kurrikulum nie Bindend"

Mediaverklaring van die BCVO uitgereik op 2007-08-22

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO), die CVO skool Pretoria, 'n ouer van die skool, Mnr G.J.J. van Rensburg en Me Tina van Deventer, 'n ouer wat tuisonderwys van haar kinders met behulp van die Pestalozzi Trust beoefen, het gister as applikante 'n hofaansoek teen die Minister van Onderwys (en andere) in die Pretoriase Hooggeregshof laat uitreik waarin gevra word vir verklarende bevele dat die Hersiene Nasionale Kurrikulumstelling (HNK) en die Nasionale Beleid betreffende Godsdiens en Onderwys wat deur die Minister se ampsvoorgangers in die Staatskoerant afgekondig is, nie regtens bindend is nie. Die applikante voer aan dat, aangesien die HNK en die godsdiensbeleid ingevolge die Onderwysbeleidswet as beleid uitgevaardig is, dit nie op hulle bindend is nie omdat beleid nie wetgewing, reëls of regulasies is nie.

Daar is vyf ander respondente wat belang het by die uitslag van die aansoek wat saam met die Minister as partye tot die aansoek gevoeg is.

Die Skolewet maak voorsiening dat die Minister van Onderwys 'n kurrikulumstelling kan bepaal, en dat regulasies daaroor uitgevaardig kan word, maar geen kurrikulum is nog deur die Minister ingevolge die Skolewet bepaal en geen sodanige regulasies is uitgevaardig nie. Die applikante vra ook dat 'n verklarende bevel in daardie terme verleen sal word. Die applikante beweer ook dat in soverre die afkondigings voorgee om regtens bindende verpligtinge op hulle te lę, dit buite die Minister se magte (ultra vires) is, byvoorbeeld dat die HNK gedurende sekere jare geïmplementeer moet word.

Die BCVO het op 6 Desember 2006 'n brief aan die Minister gerig waarin sy op die beweerde leemtes gewys is, maar behalwe 'n ontvangserkenning op 12 Desember 2006, is geen verdere brief of mededeling van die Minister ontvang nie.

Die BCVO het reeds in 2005 besluit, en in 2006 bevestig, om dele van die HNK wat teen die BCVO se beginsel-begronding indruis en grondwetlike regte aantas, uit te laat en die kurrikulum te verryk met noodsaaklike begrondingskennis.

Die Minister het 15 dae, na betekening aan haar, om applikante se prokureurs in kennis te stel of sy die aansoek bestry en 'n verdere 15 dae daarna om haar beantwoordende verklarings, as sy het, in te dien.

Vir verdere inligting kontak die Voorsitter van die BCVO, Mnr GJ Grobler by 083 279 7618 of die BCVO kantoor by (012) 365 3703.


Kinders in die Spervuur

Deurbraak Samewerking: COF-Gesprek op Vrydag 11 Junie 2004

Kom beleef dit, neem deel aan hierdie "EERSTE VAN SY SOORT" en word ingelig.

Gespreks- en inligtingsgeleentheid ter bevordering van Christen-onderwys in RSA in 2004 en hierna

Die eerste informele Christen Onderwysforum (COF) > gespreksgeleentheid in Pretoria vind DV plaas op

Vrydagaand 7 Mei 2004 om 18:30 (6:30 nm) in die saal van Hervormde Kerk - gemeente Oos-Moot

Christenouers en kinders is saam en apart ewe welkom; reserveer asb. die aand vir jou en jou gesin hiervoor as jy kan.

Leendert van Oostrum - kenner van onderwysreg, onderwysbeleid, -kurrikulumontwikkeling en 'n persoon wat leiding neem in Christen Onderwysgeledere), het ingestem om op te tree as inleier en die konkrete feite by wyse van rekenaartransparante op die tafel te begin plaas.

Daarna volg 'n paneelbespreking met verteenwoordigers van verskillende onderwysbelangegroepe. Daar sal volop geleentheid vir vrae wees.

Lees gerus meer oor Christen Onderwysforum (COF) - waar Christen Onderwysbelangegroepe en verteenwoordigers van verskillende kerke saamwerk om Christen Onderwys in die RSA te bevorder - by www.cof.org.za

Navrae: Dr Ben van Tonder 083 637 3470 / 012 807 4605 Leendert van Oostrum 082 826 2675; Ds Werner Olivier

082 412 7144


Belangrike VCHO Seminaar op Dins. 27 April 2004 In Pretoria 07:30 vir 08:00 tot 13:00

"CHRISTELIKE ONDERWYS NA 2004: Wat kan nog daarvan tereg kom?

--- Aangebied deur die VCHO in die Kerksentrum van die Gereformeerde Kerk, Rietvallei, Erasmuskloof, Pretoria. (Digby Waterkloof Hoërskool.)

Koste R50 per persoon - verversings ingesluit.

Navrae : Dr Hoffman 051-448 9160 / 64 Verbondsouers en onderwysers word in besonder uitgenooi. Kom neem deel aan die bespreking, maak u bydrae en lug u mening. Klik hier vir program en sprekers


Onlangs:

. . . . talle Afrikaanse staatskoolonderwysers is so onderdanig dat hul die hele Asmalitiese chaotiese spul aanhou goedpraat volgens Onderwysers positief oor UGO Beeld News 24 24 Mar 2004 09:55PM

. . . . en in die proses hul eie mense se kinders gruwelik in die steek laat . . . ..

Maar diegene wat vir hulself dink en kyk wat om hul gebeur sę:

'Outcomes-based education is a system that yields illiterate children with masses of selfconfidence.'- The unnamed principal of a West Rand school.' Pretoria News 2003-12-15


BCVO se webwerf

Verklarings Uitgereik by Bybelse Protesbyeenkoms op 31 Mei 2003 op Kerkplein

(Beroep op alle Christenkerke en Verklaring van voorneme oor onderwys en opvoeding van die Afrikanerkind)

Standpunte in die parlement oor onderwyssake - Mei 2003

Regsmening oor staat se godsdiensbeleid vir skole - Weinig het verander!

Asmal se voorgestelde godsdiensbeleid Apr 2003

AKB: Bybelse protesbyeenkoms op Saterdag 31 Mei 2003 om 6 nm (18:00) op Kerkplein, Pretoria

Kontak ons asb. dadelik as u ook voel dat samewerking oor Christen Onderwysbelange op netwerkbasis 'n saak van voorrang is op hierdie stadium. Kom oor en help ons!

'n Belangrike VCHO Seminaar 19 Oktober 2002 het gehandel oor : TRANSFORMASIE VAN DIE CHRISTENKIND: Die Onderwys as voertuig.

Hier is meer inligting oor die program van die dag

InnoTech Dynamics Web-Ontwerp InnoTech Dynamics Web Design