Bespreking van die Aanslag op Christelike en Afrikaanse Onderwys

Vrydag 11 Junie 2004 om 18:30 vir 19:00

In die saal van Hoërskool Garsfontein, Jacqueline rylaan, Garsfontein, Pretoria
(omtrent twee blokke vanaf Hans Strijdomlaan.)

Verteenwoordigers van Afrikaanse openbare skole, Afrikaanse privaatskole en tuisonderwys bespreek die aanslag op Christelike en Afrikaanse onderwys.

Tot 95% van alle voormalige Afrikaans-eentalige skole het reeds meertalig en multikultureel geword, of verengels.

Daar­die skole is verlore vir die Afrikaanse kultuurruimte. Daar­die skole is verlore as strukture vir die transmissie van die Afrikaanse kultuur.

Kundiges uit al die sektore van die Afri­kaanse onderwys is dit eens dat die bedreiging kritieke af­metings aangeneem het.

Die seminaar ondersoek die uitgesproke politieke en ideo­lo­giese doelwitte van die owerheid wat multigeloofs­oor­tui­gings en multikulturele houdings en gesindhede invoer. Hier­die praktyk moet kinders toenemend van hul eie taal, kul­tuur en godsdiens vervreem, en hulle by die sogenaamde 'common culture' inlyf..

Die vergadering word gelei deur Mnr Louis Smuts van die open­bare skoolsektor in sy hoedanigheid as voorsitter van Ta­bok, die Trust vir Afrikaanse Beheerrade vir Onderwys en Kul­tuur. Leendert van Oostrum sal die gesprek inlei met 'n mul­ti­media-aanbieding van die navorsing oor die ideologies-ge­drewe aanslag teen Afrikaanse onderwys. 'n Paneel kun­diges sal dan voorgaan in die bespreking.

Die paneel bestaan uit Mnr Hannes du Preez van die BCVO, Mnr Dirk Hermann van Solidariteit; Dr Irma Horn, bestuurslid van die VCHO en onderwysdosent van Unisa; Prof Koos Malan, hoogleraar in regsgeleerdheid en voor­sit­ter van Regslui vir Afrikaans; Mnr Leendert van Oostrum van die Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys en Dr Ben van Tonder, van die Christenonderwysforum. Aksie Vroue­krag sal ligte aandetes en ander verversings te koop aanbied vanaf 18:30.

Die Christenonderwysforum doen 'n dringende beroep op ouers, onderwysers, kerkrade en gemeentes om nie hierdie geleentheid te laat verbygaan nie. Slegs as ons ingelig is kan ons die regte van ons kinders beskerm teen onregmatige aantasting deur die owerheid.

InnoTech Dynamics Web-Ontwerp InnoTech Dynamics Web Design