VCHO SEMINAAR 19 Oktober 2002
(Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys)
TEMA: TRANSFORMASIE VAN DIE CHRISTENKIND: Die Onderwys as voertuig
Tyd: 08h15 - 16h30
Registrasie begin om: 07h30
Koste: R40-00 (Sluit tee in, maar nie middagete nie) Ligte middagete sal te koop aangebied word
Plek: Gereformeerde Kerk Rietvallei, Pretoria, oorkant Hoërskool Waterkloof, langs Hans Strydomrylaan.
Navrae en Bespreking: Linda Malan, Tel (012) 460-6117, Selfoon 082 214 5308
Bespreking voor of op 14 Okt. 2002 asb!
PROGRAM
08h15 - 08h30 Opening en verwelkoming
08h30 - 09h30 Die duidelike Kindbeeld wat die Regering vir ons kinders in die oog het. Mnr Leendert van Oostrum
09h30 - 10h30 Die onderwyser as instrument in die hande van die Regeringteenoor die Christenonderwyser as werktuig van die Here. Dr Irmhild Horn
10h30 - 11h00 Tee en verversings
11h00 - 12h00 Wat sê die Here en Sy Woord oor die opvoeding van ons kinders? Wat is gereformeerde Onderwys? Ds Theo Danzfuss
12h00 - 13h00 Wat is die agtergrond van die huidige Onderwyssituasie?(Lesing toegelig met videomateriaal)
Mnr Sarel van der Merwe
13h00 - 14h00 Middagete (Ligte middagete sal te koop aangebied word)
14h00 - 15h00 Onderwys en Onderwyswetgewing: Wat is ons regte? Stratigieë vir Christene. Prof Hans Visser
15h00 -16h30 Paneelbespreking: Die pad vorentoe vir gereformeerde Onderwys. Watter opsies is daar vir ouers?
'n Paneel van verteenwoordigers van verskillende privaatskole op gereformeerde grondslag en die tuisskoolvereniging, met inleiding deur die VCHO oor Christelike vakonderwys.
ARSO (Aksie Reformatoriese Skool Onderwys)BCVO (Beweging vir Christelik-volkseie Onderwys)Tuisskole(Elkeen van hierdie organisasies kry 10 minute om die bespreking in te lei.)
Verteenwoordigers van ons Afrikaanse Gereformeerd-Protestantse Kerke sal ook op die paneel wees om aan die bespreking deel te neem.
Hierdie seminaar is van die uiterste belang vir ons as verbondsouers. Privaatskole en
Tuisskole is nou ook in gedrang met die nuwe wetgewing wat op die oomblik ter sprake is. Teen die tyd dat die seminaar plaasvind kan die koeël al deur die kerk wees.
Ons laat juis ruim tyd toe vir bespreking dat ons as gelowiges saam kan besin oor die onderwys van ons kinders. Almal is welkom, ouers, grootouers, kerkrade, predikante, onderwysers van alle skole, staatskole sowel as privaatskole.
Versprei asb. hierdie inligting sover as moontlik in u omgewing, by u kerk, by u skool en na ander geesgenootlike organisasies toe. Sal u asb. ook hierdie inligting elektronies versprei?
Baie dankie vir u samewerking. Bespreek asb. vroegtydig ter wille van reëlings.
Ander telefoon nommers waar u kan bespreek:
Mev Ansie Steenkamp: (012) 348 8945
Mev Baps Zietsman: (012) 347 1786