Verklarings Uitgereik by Bybelse Protesbyeenkoms
op 31 Mei 2003 op Kerkplein
Verklaring Van Voorneme Oor Onderwys En Opvoeding Van Die Afrikanerkind
Verklaring: Konsep Wetgewing: Godsdiens/Geloof In Die Onderwys 16 April 2003
A F R I K A N E R K U L T U U R B O N D
Posbus 906623, Magalieskruin, 0150
Tel / Faks: (012) 543-2257
In besonder die
- Afrikaanse Protestantse Kerk
- Gereformeerde Kerke
- Nederduitsch Hervormde Kerk
- Nederduits Gereformeerde Kerk
KONSEP WETGEWING: GODSDIENS/GELOOF IN DIE ONDERWYS
Die Minister van Onderwys, prof Kader Asmal se aanvanklike voorneme ten opsigte van wetgewing oor godsdiens/geloofsonderrig aan alle skole het in wese die volgende behels:
· Alle kinders moet "neutrale" onderrig ontvang oor die belangrikste gelowe van die wêreld wat ook in Suid-Afrika voorkom.
· Die Onderwys Departement bepaal die uitkomste van die onderrig
· Slegs diegene wat die Staat se goedgekeurde opleiding ontvang het mag die onderrig doen
( predikante word spesifiek uitgesluit)
· Gesamentlike skool opening moet 'n multigeloof karakter hê om die ideologie van "eenheid in verskeidenheid " te versterk.
Na wye protes deur Christene, insluitende die onderskeie kerke, het die minister "goedhartig" tot samespreking ingestem en hom bereid verklaar om 'n enkele toegewing te maak en blykbaar t.o.v. die gesamentlike opening. Die toegewing sal ook na verwagting behels dat so 'n gesamentlike opening wel 'n Christelike karakter ( of ander spesifieke geloofskarakter) afhangende van die betrokke skoolbestuur mag aanneem, maar dan buite die amptelike kurrikulum.
Ons doen 'n ernstige en dringende beroep op kerke om hulle nie hierdeur te laat mislei nie - die werklike aanslag teen die Christelike geloof bly steeds dit wat dag tot dag in die klasonderrig plaasvind, daar waar die brose kinder gemoed gevorm word. Dit is ook nie net in die godsdiensonderrig nie maar in bykans elke sg leerarea, maar veral Lewensoriëntering en Kuns en Kultuur waar die multigeloofsbreinspoeling plaasvind.
Ons doen 'n beroep op die kerke om standpunt in te neem op grond van die Bybel, om aan God gehoorsaam te wees en nie goedertrou te probeer om 'n kompromie weg te vind saam te leef met die verleiding en vervreemding van ons kinders nie.
Die posisie van die Amptelike Kerk:
1. Ten opsigte van die verbondsbelofte deur die ouer as lidmaat met die doop van elke kind, het die kerk 'n mede verantwoodelikheid
2. Die kerk het ook 'n mede verantwoordelikheid t.o.v. van die onderrig van die kind
3. As hierdie verantwoordelikheid nie nou met die beplande wetgewing oor godsdiens/geloofsonderrig aan alle kinders bekend gestel, geproklameer word nie, word elke kind uitgelewer aan sekulêre onderwys en verloën die kerk daardeur die Christelike karakter van opvoeding en die oortuigings van die kind.
Dit behoort nou, ook vir die goed gelowiges duidelik te wees: Die Staat is besig om oor te neem met die verideologiesering van onderwys en opvoeding wat die wese van die verbond/doopbelofte versaak.
Die amptelike kerk behoort nou standpunt in te neem oor onderwys en die evangelisering van kinders in skole.
Gaan die Kerk, as Kerk van Christus op aarde, roeping getrou leiding aan sy lidmate gee? Gaan die Kerk sy ouers en kinders ondersteun ? werklik ondersteun en leiding gee ? of met mooi verontskuldigings om ter wille van goeie verhoudinge met die godloënende owerheid tog maar ons kinders vir die wolwe gooi ?
Met groot verwagting,
Namens alle Christen gelowige wat op 31 Mei 2003 'n verootmoedigingsbyeenkoms op Kerkplein Pretoria bygewoon het, en vele ander Christenouers.
Theuns de Wet
Solum Deo Confido, Voorsitter Afrikaner Kultuurbond
VERKLARING VAN VOORNEME OOR ONDERWYS EN OPVOEDING VAN DIE AFRIKANERKIND
Ons as Afrikanerouers bevestig opnuut ons geloofsbeginsels en waardes soos gefundeer in die Bybel as die onfeilbare Woord van God Drie-enig en verwerp ons op grond van hierdie beginsels die transfomasie van die Afrikaner se Onderwys en Opvoeding.
1. In die lig van die Manifesto on Values, Education and Democracy van die Departement van Onderwys van 2001 verwerp ons die volgende uitgangspunte:
Ø Ons verwerp die ideaal dat Menseregte, soos begrond in Sekulêre Humanisme, die grondslag van die Onderwys en Opvoeding moet wees;
Ø Ons verwerp die doelbewuste skeiding tussen Godsdiensonderrig en geloofswaarhede onder die benadering van Multi-godsdiens onderrig;
Ø Ons verwerp die poging om onder die dekmantel van Multi-kulturalisme in die onderwys die Afikaner se volkskultuur te vervang met 'n Suid-Afrikaanse nasionale kultuur gebou op Afrika-kulture;
Ø Ons verwerp die benadering dat Onderwys en Opvoeding, soos gebaseer op die Handves van Regte in die Konstitusie van die Republiek van Suid-Afrika, die voertuig moet wees om die jeug deur 'n Nuwe Patriotisme, 'n nuwe Suid-Afrikaanse identiteit te leer en hulle aan die nuwe nasiestaat te verslaaf.
2. In die Lig van die Heilige Skirf en die afgeleide beginsels en waardes bevestig ons as Afrikaner Christenouers en Opvoeders die volgende uitgangspunte:
Ø Ons as Afrikaner Christenouers bevestig die verantwoordelikheid om aan ons kinders 'n christelike onderwys en opvoeding te voorsien;
Ø Ons bevestig dat God aan ons kinders as 'n geskenk uit sy Vaderhand gegee het en dat elke kind deur Jesus Christus aan Hom behoort;
Ø Ons bevestig dat ons kinders ontvang het om te versorg, reg op te voed en in kennis en wysheid ooreenkomstig die Bybelse beginsels tot geestelike en verstandelike volwassenheid te begelei;
Ø Ons bevestig dat Christelike opvoeding die taal, kultuurerfenis, en kultuurgeskiedenis van die gesin in ag moet neem want dit is wesenlik deel van die gesinsverbondenheid;
Ø Ons bevestig dat die aanvaarding van gesagvorme soos individuele, gesins-, kerklike, burgerlike gesag, sonder om die persoonlikheid van die kind te strem, nodig is vir gesonde verhoudinge op elke lewensterrein;
Ø Ons bevestig dat dit die kulturele roeping van die Afrikanervolk is om die Afrikanerjeug op 'n liefdevolle en God-gehoorsame wyse op te voed;
Ø Ons bevestig as Afrikaner Christenouers dat dit ons heilige roeping is om ter wille van die voortgang van ons volk ons kindertal te vermeerder en hul opvoeding te bevorder;
Ø Ons bevestig dat elke skool onder ouerlike gesag sal funksioneer met geen of beperkte Staatsmag of inmenging;
Ø Ons aanvaar opnuut die verantwoordelikheid en taak om die skole onder gesag van die ouers en in 'n burgerlike gesag te vestig om sodoende ons kinders vir die eise van die 2!ste eeu voor te berei;
Ø Ons aanvaar opnuut die Goddelike en Bybelbegronde roeping om elke Afrikanerkind deur volksverbonde onderwys en opvoeding tot die ontplooiing van sy Godgegewe vermoëns te begelei om sodoende sy God, sy volk en sy vryheid te dien.
16 April 2003
Aan alle Christen ouers, mede Christen gelowiges,
BCVO-VERKLARING: KONSEP WETGEWING: GODSDIENS/GELOOF IN DIE ONDERWYS
Die Minister van Onderwys, prof Kader Asmal het pas in Maart 2003 die ANC se konsep wetgewing oor godsdiens/geloofsonderrig aan alle skole bekend gestel. Dit kom in wese hierop neer:
· Alle kinders moet "neutrale" onderrig ontvang oor die belangrikste gelowe van die wêreld wat ook in Suid-Afrika voorkom. Daarvolgens sal Christus bloot as 'n mens wat bereid was om vir sy oortuigings te sterf bekendgestel word en nie as die Seun van God wat as ons verlosser vir ons sondes aan die kruis gesterf het nie.
· Die Onderwys Departement bepaal die uitkomste van die onderrig ( alle godsdienste is gelyk).
· Slegs diegene wat die Staat se goedgekeurde opleiding ontvang het mag die onderrig doen
( predikante word spesifiek uitgesluit)
· Saal opening moet 'n multigeloof karakter hê om die ideologie van "eenheid in verskeidenheid " te versterk.
Kommentaar oor die konsep wetgewing kan tot 22 April gelewer word.
Hierdie konsep wetgewing druis in teen die Bybel, die Woord van God.
Waar Romeine 13 ons maan om ons te onderwerp aan die magte wat oor ons gestel is, word die owerheid beskryf as 'n dienaar van God. Met hierdie beplande wetgewing stel die owerheid hom teenoor God en vra dat ons God ongehoorsaam moet wees - dit mag en kan ons nie.
Elke ouer wat die Doop belofte afgelê het, het onderneem om sy kind te onderrig en te laat onderirg in die leer van die Ou en Nuwe Testament. Die beplande wetgewing sal kinders laat onderrig op 'n wyse en in kennis van afgode en valse gelowe wat lynreg teenoor die leer van die Bybel staan.
Hierdie konsep wetgewing is ook in stryd met die Grondwet van Suid-Afrika, Artikel 15, subartikel 1 wat bepaal dat elke persoon die reg op vryheid van geloof het. As die individu se geloof dus bepaal dat hy nie ander gelowe uit enige ander hoek as die van sy geloof mag beskou nie, kan hy dus ook nie aan die wet voldoen nie.
Die voorgestelde wetgewing is verder teenstrydig met die onderhandelde beleid van 1999 oor godsdiens in die onderwys wat voorsiening gemaak het vir godsdiensregte en - vryhede.
In die lig van voorafgaande verwerp BCVO dus die implementering van die betrokke wetgewing en doen 'n beroep op alle Christen ouers om te weier dat hulle kinders daaraan onderwerp word.
'n Konsep beswaarskrif word hiermee saam gegee.
Vrygestel deur BCVO Direksie