Voorgestelde Christenonderwys-Vakfilosofieë:
Op die VCHO se tuisblad by www.vcho.co.za is daar reeds voorgestelde Christenonderwys-vakfilosofieë vir Biologie, Tale, Geskiedenis en Natuurwetenskappe, asook bydraes oor die Bybel as toegangspoort tot kennis, en van ideologieë in die onderwys van vandag. Lesmateriaal vir Bybelonderig vanaf graad 1 tot 12 is ook in wording. Die lesmateriaal vir graad 7 is alreeds op die VCHO-webwerf beskikbaar.