Deur prof. JJ Pienaar

DIE openbare skole is vandag "oop skole" wat beteken dat enige kind, sogenaamde leerder, tot enige skool toegang het. Daar bestaan vandag in die openbare skole geen moontlikheid om enige kind toegang tot die skool te weier op grond van geloof, ras, kleur, geslag, etos van die skool of wat ookal nie. Die gevolg van hierdie toedrag van sake is dat die meeste openbare skole, veral die dubbelmediumskole, met leerlinge sit wat uit absoluut uiteenlopende kultuuragtergronde kom. In dieselfde klas word dus leerlinge gevind wat Moslems, Hindoes, Voorvadergeesaanbidders, ongelowiges en selfs Christene mag wees. Die kans dat daar konflik: taal-, geloof- of kultuurbotsings kan plaasvind, is derhalwe goed.

Op 'n manier moet daar baie ernstig gepoog word om die vrede te bewaar en dit is waar verdraagsaamheid ("tolerance") ter sprake kom. Deur aan die kinders verdraagsaamheid te leer, moet die moontlikheid van konflik en botsings dus geminimaliseer word.

Dit is belangrik om te onthou dat rassekonflik en rassespanning en veral die moontlikheid om van rassisme beskuldig te word, elke hoof en sy personeel met angs vervul. As die televisie en ander media op 'n skool waar rassebotsings plaasvind, toeslaan, soos talle kere al gebeur het, dan word diť hoof en sy personeel, asook die ouers, verrinneweer, gestigmatiseer en aan die kaak gestel. Elke skool vrees so 'n onaangename insident en beskou "tolerance education" as die oplossing. Deur die kinders verdraagsaamheid te leer, sal hulle daartoe kom om mekaar te verdra, al is daar ook groot geloof- en kultuurverskille. Per slot van rekening, so argumenteer baie ouers en onderwysers, wat kan dan tog met die mooi gedagte van verdraagsaamheid verkeerd wees? Dit is juis hier waar die knoop lÍ en waaroor hierdie gesprek handel.

Waar kom "tolerance education" vandaan?

So met die eerste oogopslag mag dit lyk of daar met verdraagsaamheid in die onderwys niks verkeerd is nie en so dink die meeste ouers en onderwysers ook. Wanneer daar egter dieper op die saak ingegaan word, ontvou 'n ander prentjie hom wat "tolerance education" betref.

Kader Asmal se "Values, Education and Democracy"

Daar kan ongelukkig nie op bogenoemde verslag as sodanig ingegaan word nie, omdat ruimte ontbreek. Kortheidshalwe kan gesÍ word dat hierdie verslag oor waardes handel wat onder andere verdraagsaamheid insluit. Wat die waarde van verdraagsaamheid betref, word die volgende in Asmal se dokument bepaal:

1. Die skole moet gedwing word om weg te beweeg van die sogenaamde "apartheidsonderwys". Daar moet in die nuwe bedeling 'n inklusiewe benadering gevolg word ("the educational philosophy of our democracy should emphasize inclusiveness" .. p.11))

..In 'n tabel word die inklusiewe aard van skole uiteengesit. In 1997 was daar byvoorbeeld 28% van die skole wat leerlinge van meer as een bevolkingsgroep geakkommodeer het. Vandag is dit 'n veel groter persentasie en dit moet baie sterk aangemoedig word deur onder andere weg te doen met moedertaalskole, veral Afrikaansmediumskole.

2. Daar moet nie 'n oppervlakkige betekenis aan verdraagsaamheid toegeken word nie, maar daar moet eerder 'n diepgaande liefde en respek vir die ander kulture by die kind tuisgebring word. Elke kind moet dus deur verdraagsaamheid 'n grondige respek en liefde vir die ander gelowe, kulture en gebruike aangeleer word. Dit is hier waar die woord "Ubuntu" hierdie gees van respek en wedersydse liefde die beste uitdruk (p. 22).

3. Die vak Geskiedenis moet veral aangewend word om hierdie waarde van verdraagsaamheid tuis te bring.

3.1 Geskiedenis is 'n omvattende vak en kan op baie maniere aangebied word. Die belangrikste benadering, volgens Asmal, is wat bekend staan as "Global History". Die kind moet nie soseer sy of haar eie geskiedenis geleer word nie, maar eerder om in te pas en aan te pas by die wÍreldgeskiedenis omdat van die kind 'n wÍreldburger gemaak moet word.

3.2 In die vak Geskiedenis moet daar baie meer klem gelÍ word op die evolusie van die mens. Die mite omtrent rasseverskille moet afgebreek word, want alle mense is gelyk, so word beweer, en is op pad na menslike volkomenheid waar God nie meer nodig is nie.

3.3 Deur die vak Geskiedenis moet daar meer waardering gekweek word vir die mense van Afrika en AsiŽ. (Onlangs is daar melding gemaak van 'n kaart wat sou aantoon dat die AsiŽrs voor die EuropeŽrs - Jan van Riebeeck - hierdie vasteland betrek het.) Deur verdraagsaamheid moet die kinders gehelp word om 'n nuwe openheid en affiniteit vir die Afrikamens te ontwikkel.

3.4 Die kinders moet geleer word hoedat menseregte in die apartheidsverlede vertrap en misken is. Die "wonderlike" werk wat deur die Truth and Reconciliation Commission gedoen is om menseregte te herstel, moet aan die kinders geleer word. Daar moet ook baie streng teen mense opgetree word wat die "hollocaust" ontken en wegredeneer (p. 24). (Daar word seker maar na die sogenaamde Joodse -holocaust verwys.)

3.5 Die Departement van Onderwys moet geskiedkundiges op panele aanstel om toe te sien dat die evolusie van die mens doelmatig in skole onderrig word. Volgens Asmal bied Curriculum 2001 ruim geleentheid daarvoor.

3.6 Ook die aktiwiteit buite die klaskamer moet bydra om verdraagsaamheid by die leerlinge tuis te bring. So byvoorbeeld moet die danse (reŽndans), musiek, die Afrikakuns gepromoveer word. Asmal sÍ: "A multi-cultural approach to the arts ought to be actively developed." (p. 25)

3.7 Sport is, volgens Asmal, 'n baie belangrike veld waarin verdraagsaamheid bevorder kan word. Die doel met sport, veral spansport, moet wees "to unite people accross traditional barriers." (p. 26)

3.8 Die belangrikste manier waardeur verdraagsaamheid bevorder kan word, is om baie streng teen enige vorm van diskriminasie op te tree. Daar moet veral gelet word op die verskuilde diskriminasie op grond van kultuurverskille. So byvoorbeeld, beweer Asmal, word ontgroening by skole gebruik om teen sekere leerlinge te diskrimineer en moet die Onderwysdepartement baie streng daarteen optree.

Die Verenigde Nasies se "Declaration of Principles on Tolerance"

Op die vraag: Waar kom "tolerance education" vandaan, kan gedink word dat Kader Asmal die skepper daarvan is. Dit moet egter nooit vergeet word nie dat daar hoŽr ordes is wat diť minister, maar ook die huidige bewind van opdragte voorsien.

Verdraagsaamheid in die onderwys is hoegenaamd nie die breinkind van Kader Asmal nie, want hy is maar net die handlanger en ywerige medewerker van die Verenigde Nasies se UNESCO-arm (United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation).

Die bogenoemde dokument wat deur UNESCO saamgestel is, het die lig gesien op 16 November 1995 en verskaf die riglyne vir die sogenaamde "tolerance education". Op sy beurt is die idee van "tolerance education" ook opgeneem in die Deklarasie van Menseregte (Universal Declaration of Human Rights). Artikel 26 van hierdie deklarasie lees soos volg: "… Education should promote understanding, tolerance and friendship among all nations, racial or religious groups."

Onderwys is lankal nie meer dit wat ouers en onderwysers dink dit is nie, maar 'n baie belangrike instrument om die globalistiese eenheidswÍreld te voltrek waarin verdraagsaamheid 'n baie belangrike rol speel. Vir hierdie doel het onderwys 'n nuwe betekenis gekry en word gepraat van Human Rights Education, Peace Education, Education for Tolerance, ens.

Wat is die doel met "tolerance education"?

In die meergenoemde dokument Declaration of Principles on Tolerance word baie duidelik uiteengesit wat met verdraagsaamheid in die onderwys bereik moet word, naamlik:

1 Deur verdraagsaamheid aan kinders te leer, moet die gees van vrede bevorder word sodat oorlog en die aaklige gevolge daarvan voorkom kan word. "Tolerance, the virtue that makes peace possible, contributes to the replacement of the culture of war by a culture of peace" (p.3). WÍreldvrede is dus die uiteindelike doel van verdraagsaamheid tussen individue, volke en groepe.

2 Verdraagsaamheid is die voedingsaar van die beginsel van menseregte. Sonder verdraagsaamheid kan die menseregtehandelinge nie vorder en ontwikkel nie. Die grootste gevaar vir vrede en menseregte is onverdraagsaamheid. Dit is 'n "global threat" (p.4).

3 Die belang van verdraagsaamheid in die onderwys is so groot dat nuwe onderrigmetodes aangewend moet word om die probleme wat deur sosiale en kulturele verskille, politieke en godsdienstige vooroordele en onverdraagsaamheid ontstaan, die hoof te bied.

4 Die media, veral die televisie, moet aangewend word om ook langs die weg van die informele onderwys te probeer om alle vorme van onverdraagsaamheid uit die weg te ruim.

Verdraagsaam of absoluut onverdraagsaam?

Uit die kort beredenering van "tolerance education" is dit baie duidelik wat daarmee beoog word. Soos met so baie ander begrippe soos onder andere vrede, geregtigheid en demokrasie kry ook diť woord 'n totaal nuwe betekenis.

Daar moet goed verstaan word dat al die godsdienste deur die implementering van verdraagsaamheid in harmonie met mekaar gebring moet word. Daar word in Amerika gepraat van "the wheel of understanding". Die verskillende speke van die wiel verteenwoordig die verskillende godsdienste en al die godsdienste (speke) saam vorm die wiel van verstandhouding.

Nou is daar internasionale instrumente geskep, behalwe "tolerance education", wat moet toesien dat hierdie godsdiensgelykheid afgeforseer word. Een van die deklarasies is die "Declaration on the Elimination of all Forms of Intolerance Based on Religion or Belief". Alle onverdraagsaamheid teenoor hierdie godsdiensintegrasie, godsdiensgelykstelling en godsdiensinteraksie moet met wortel en tak uitgeroei word.

Dit is vir elke geesvervulde kind van die Here baie duidelik wat hier aan die gebeur is. Al die godsdienste, al die wÍreldgodsdienste en al die afgodsdienste is maar te gewillig om speke in diť eenheidswiel te word, behalwe een geloofsgemeenskap wat verbied word om aan diť inklusiewe gees deel te neem. Die Wet van diť God verbied hierdie godsdienssinkretisme:

""Jy mag geen ander gode voor my aangesig hÍ nie..

"Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; …"

"En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." (Hand 4:12)

Kan u u voorstel in watter onbenydenswaardige posisie die Christenkind in die sinkretistiese klaskamer verkeer? Van so 'n kind word verwag om die reŽndans ter ere van die voorvadergeeste uit te voer, maar van die eie God mag nie gepraat word nie, omdat hierdie God vanweŽ sy eksklusiewe aard aanstoot aan die ander godsdienste gee omdat die enig ware geloof nie afgode erken nie.

Kan u sien hoe is die antichris besig om die ware Christelike godsdiens by die agterdeur uit te rangeer onder die mooi en aanvaarbare voorwendsel van verdraagsaamheid.

Kan u verstaan waarom Asmal en sy geesgenote die integrasieskole promoveer en propageer? Die antwoord is eenvoudig: om die Christen-Afrikanerkind van sy wortels los te kry; doelbewus so beplan.

Kan u sien en verstaan waarom die vreeslike bemoeienis met Verdraagsaamheid eintlik in die kankerkamers van die VN uitgedink word om absolute onverdraagsaamheid teenoor die ware en enigste God in werking te stel.

Kan u sien dat die groot verdrukking, wat voor die deur is, uit hierdie oorde kom! Menseregte, inklusiewe godsdiensregte wat bekende woorde met nuwe inhoud vul om sodoende die dom en oningeligte gelowige oor die afgrond van godsdiensgelykheid te stoot. Dit lyk so aanvaarbaar, so regverdig, want waarom moet een godsdiens nou die alleenreg op onvervalstheid kry?

Kan u verstaan waarom daar so teen afsonderlikheid, teen die handhawing van die eie identiteit, teen enige vorm van nasionalisme en eksklusiwiteit gekraai, geskreeu, geskryf en gediskrimineer word? Hoe durf iemand waag om die oprigting van die Nuwe Toring van Babel in die pad te staan!

Kan u sien wat die rol van die meeste media en veral die televisie in diť verband is? Deur vermenging, integrasie (veral in die skole) en verbastering moet die Christendom ondergeploeg word. Bernard Lazare het hierdie idee soos volg saamgevat: "The Jew is not satisfied with de-christianizing, he Judaises, he destroys Catholic or Protestant faith, he provokes indifference, but he imposes his idea of the world of morals, and of life upon those whose faith he ruins; he works at his age-old task, the annihilation of the religion of Christ." (L Antisemitisme, p.350).

Kan u sien dat baie ouers en onderwysers op diť sagte manier gebreinspoel en aan die slaap gesus word. Daar is diť valse profete wat vandag, op diť laat uur, nog steeds beweer en glo dat met die integrasieskole niks verkeerd is nie, dat Asmal met sy sinkretistiese benaderings nie juis kwaad bedoel nie. Ons moet tog net nie oorreageer nie, nie te veel stof opskop nie, want ons mag dalk aan die globaliste aanstoot gee, so redeneer die sogenaamde versoeners wat goed en kwaad, lig en duisternis met mekaar wil versoen. Hulle wil nie aan Asmal en die New Age-dissipels aanstoot gee nie, maar aan God Drie-enig mag maar aanstoot gegee word.

Het dit nie tyd geword dat ons ons kinders se nood raaksien nie? Of gaan ons hulle aan die moderne Molag offer net soos wat sommiges in oud-Israel gedoen het?

Ons moet net nie glo dat verdraagsaamheid die enigste misleidingsbegrip en misleidingsaksie in die huidige vertroebelde onderwysbestel is nie. Die tyd om suiwer, grondig en onvervals gelowig te dink, het aangebreek, want die skape word van die bokke geskei - of is ons so deur die massamedia gebreinspoel dat ons nie meer in staat is om die waarheid vir die Waarheid te herken nie?

Hierdie artikel het verskyn in die VCHO se blad Roeping en Riglyne, sowel as in Die Boodskapper

InnoTech Dynamics Web-Ontwerp InnoTech Dynamics Web Design