Foto-Album Inligting
Wenke vir kykgenot
Vertoning modus:
Indien 'n "Vertoning" op enige stadium gekies word, word die eerste beeld vertoon en al die ander beelde eers afgelaai voordat die vertoning begin. Dit kan nogal 'n tydjie neem as die beelde nie van 'n vinnige toestel af afgelaai word nie.
Indien 'n Vertoning gekies word, begin dit outomaties rol sodra al die beskikbare beelde deur die webblaaier gelaai is.
Indien enige van die beelde in 'n vertoning om een of ander rede nie meer beskikbaar is nie, vertoon die webblaaier 'n boodskap wat aandui dat 'n beeld nie meer beskibaar is nie. Antwoord [OK] en die vertoning sal sonder die vermiste beelde aangaan.
Die vertoning kan met die hand beheer word deur gebruik van die beheerders op die Beheerstaaf.
Hierdie "Fotoraam-Modus" kan aan die gang gesit en gekanselleer word vanaf enige vertoning op enige vlak in die album deur die "Gaan aan"-opsie op die Beheerstaaf aan of af te skakel.
Album modus:
Indien die ooreenkomstige "Album" gekies word, word "duimnaels" van al die beelde en die eerste beeld vertoon.
Indien vooraf-gegenereerde duimnaels beskikbaar is, word al die duimnaels afgelaai. Die ander beelde word een vir een afgelaai soos wat hulle gekies word.
Indien vooraf-gegenereerde duimnaels nie beskikbaar is nie, word duimnaels uit die vol-grootte beelde gegenereer. Dit beteken dat die beelde soos in die geval van vertonings almal eers afgelaai moet word voor die individuele beelde vertoon kan word. (Vooraf-gegenereerde duimnaels behoort beskikbaar te wees vir albums gepubliseer op die internet.)
Klik op 'n duimnael of teks-skakel in die Inhoud -raam van die web-bladsy om die ooreenkomstige beeld te sien.
Venstergrootte:
Volskerm-vertoon of 'n gemaksimeerde venster werk in die algemeen die beste om na die vertonings en albums te kyk. Enige venstergrootte kan egter gebruik word.
Vertoongrootte van beelde:
Indien nodig word beelde outomaties afgeskaal om in die vertoonvenster te pas. Die kleinste grootte waarnatoe beelde afgeskaal word is die maksimum-grootte wat vir die album-duimnaels gebruik word.
As dit nodig is om 'n beeld meer as dit af te skaal om te pas, word die beeld glad nie vertoon nie.
Die Beheerstaaf kan ook tydelik weggeneem word om meer plek te maak vir groot beelde.
Beheerstawe (Control Bars) :
Die Beheerstawe op die Album- en Vertoning-blaaie kan tydelik "weggesteek" word om meer plek te maak vir groot beelde en / of om die skerm 'n "skoner" voorkoms te gee.
Klik die [–] knoppie aan die linkerkant net bo 'n beheerstaaf om die beheerstaaf tydelik weg te neem.
(In die geval van vertonings word die beheerstaaf outomaties weggeneem net voor die vertoning begin nadat al die beelde vooraf-gelaai is.)
As die Beheerstaaf weer benodig word, kan dit teruggebring word deur die [+] knoppie, wat die [–] knoppie vervang het, te klik.
Indien 'n QuikTime klank-kontroleerder in gebruik is word dit nie weggeneem nie, al is dit deel van die Beheerstaaf. As die klank-kontroleerder weggeneem sou word, sou die agtergrond-musiek dadelik gestaak word.
Agtergrond-musiek:
Indien 'n album-hoofstuk/vouer 'n agtergrond-musiek lêer bevat, word 'n musiek-kontroleerder in die vertoning-blad vir daardie hoofstuk ingebou. Geen sodanige kontroleerder verskyn op die blad indien agtergrond-musiek nie beskikbaar is nie.
Om na die agtergrond-musiek te kan luister terwyl die vertoning besigtig word, word 'n webblaaier plug‑in /ActiveX control soos Apple QuickTime of iTunes benodig. Indien 'n geskikte module nie beskikbaar is nie, sal die webblaaier toestemming vra om QuickTime via die internet af te laai en te installeer.
Stadige ouer rekenaars is nie geskik om midi-agtergrondmusiek te sintetiseer terwyl na vertonings gekyk word nie.
Agtergrond-musiek begin speel sodra die musiek gelaai is en hou aan solank die kontroleerder vertoon word of tot die musiek gestop word.
Die QuickTime kontroleerder kan op enige tydstip gebruik word om die volume te verstel of die musiek te stop..
Webblaaier inligting
Die Vertonings en Albums word gebou ooreenkomstig internet standaarde :-
Extended Hypertext Markup Language (XHTML 1.0) / Hypertext Markup Language (HTML 4.01)
ECMAScript v3 (JavaScript 1.5, ISO standaard 16262)
Cascading Style Sheets (CSS 2.1)
Document Object Model (W3C DOM, Vlak 2)
Om die Vertonings en Albums na behore te kan ervaar word 'n Webblaaier wat die standaarde voldoende ondersteun benodig.
Blaaiers in hierdie kategorie is byvoorbeeld:
• Firefox 3 / 2
Firefox 3 werk op Windows 2000 en later, Linux I686 en Mac OS X
Firefox 2 werk op Windows 98 maar was net tot einde 2008 in stand gehou.
• Safari 4
Internet Explorer in enige weergawe van Windows behoort opgegradeer te word na die nuutste beskikbare weergawe.
• Microsoft Internet Explorer 6 SP1
Weergawes van Internet Explorer voor Internet Explorer 6 met SP1 is nie bruikbaar nie..
Geen webblaaier wat standaarde voldoende ondersteun is vir Windows 95 beskikbaar nie.
Foto-album en vertoning generator © InnoTech Dynamics® Web-Ontwerp