Waterbok Wildpark GasteTuiste

Tuisblad

Omgewing

Akkomodasie

Etes

Tariewe

Kontak-inligting

English

Pad-aanwysings

Verblyf-aansoek

PDF Dokumente

Soek

Verblyfsvoorwaardes

Weergawe om te druk

Waterbok Gastehuise (Edms) Bpk

Posbus 70166
Die Wilgers
0041

Tel: 012 802 1644
Mobiel: 083 778 4605
Faks: 088012 802 1644

VOORWAARDES VAN VERBLYF

  1. Die huurkontrak deur of namens die huurder onderteken is bindend en word beskou as gesluit te wees in die landdrosdistrik van Pretoria.
  2. Verblyfkostes soos aangedui op die besprekingsvorm is streng vooruitbetaalbaar. Slegs kontant, bevestigde bank-inbetalings en bankgewaarborgde tjeks word aanvaar.
  3. Huurders is verantwoordelik vir die betaling van die volle bedrag van die huurooreenkoms tensy skriftelike kennisgewing van kansellasie ontvang word ten minste 14 dae voor die bespreekte aanvangsdatum van verhuring.
  4. Terugbetaling van deposito's by kansellasie sal slegs geskied nadat 'n alternatiewe huurder die eenheid vir die betrokke tydperk gehuur en daarvoor betaal het.
    •   Administrasiekoste is nie terugbetaalbaar nie.
  5. Geen krediet word toegestaan indien huurders weens verkorte verblyf vroeg sou vertrek nie. Huurders aanvaar aanspreeklikheid vir betaling van die huurgeld vir die volle tydperk soos bespreek.
  6. In geval van die verlies van sleutels is 'n bykomende bedrag betaalbaar vir vervanging van die betrokke sleutels en / of slotte.
  7. Woon-eenhede word verhuur streng volgens die getal beddens beskikbaar en geen ekstra persone of gaste wat oorslaap is toelaatbaar nie.
  8. Die huurder aanvaar verantwoordelikheid vir alle verliese en skade aan die eiendom en toerusting.
    • Die inventaris moet nagegaan word deur die huurder.
    • Tensy tekorte skriftelik aangemeld is binne 2 uur na okkupasie van die eenheid, sal die inventaris as volledig beskou word.
  9. Skade en tekorte wat ontstaan het tydens verblyf moet by vertrek aangemeld word en kontant deur die huurder vereffen word by vertrek.
  10. Huurders is aanspreeklik vir skade aan matrasse en moet die nodige voorsorg tref, byvoorbeeld in geval van kinders. Waterdigte matrasbeskermers is te huur.
  11. Woon-eenhede moet in dieselfde toestand gelaat word waarin dit aangetref is by okkupasie.
  12. Alle vensters moet by vertrek behoorlik toegemaak en deure gesluit word en die alarmstelsel (indien geïnstalleer) moet geaktiveer word.
  13. Tensy anders aangedui in die Tariewe-tabelle, is linne, handdoeke en gebruik van die internet nie in die verhuringstarief ingesluit nie.
  14. Spyseniering en etes is nie by die verhuringstarief ingesluit nie.
  15. Tensy uitdruklik vooraf skriftelik andersinds ooreengekom, is eenhede slegs beskikbaar na 13:00 op die dag van aankoms en moet voor 10:00 op die dag van vertrek ontruim word.
  16. Toegang tot en gebruik van alle wildpark fasiliteite is onderhewig aan die bepalings van die reglement van Kleinfontein Wildpark / KBK Bpk. Die gedragsreëls van KBK Bpk moet gerespekteer en nagekom word.
    1. Alle redelike versoeke van sekuriteits-personeel en KBK Bpk se beamptes moet stiptelik en sonder versuim uitgevoer word.
    2. Huurders mag nie op enige wyse die Kleinfontein natuur-omgewing skend nie.
    3. Huurders mag nie 'n oorlas van hulself maak deur oormatige lawaai of ander onaanvaarbare gedrag nie.
  17. Huurders aanvaar verantwoordelik vir die gedrag en optrede van hulle gaste en die gevolge daarvan.
  18. Huurders wat hulle skuldig maak aan aanstootlike optrede tot nadeel van die omgewing kan onmiddellik uitgesit word en het geen eis teen Waterbok Gastehuise (Edms) Bpk vir die onverstreke termyn van verhuring nie.
  19. Geen troeteldiere word toegelaat nie.
  20. Reg van toegang word voorbehou.

Hiermee aanvaar ek, die ondergetekende,  … … … … … … … … … … … … … … … … … …  (voorletters en van)     ID nr. … … … … … … … … … … … … … … … …,
die voorwaardes van verblyf.

… … … … … … … … … … … … … … … … … … …

Geteken te   … … … … … … … … … … … … … … ……   op  … … … … … … … … … … … … …   20 … … …

Direkteure: BJE van Tonder, R van Tonder

Maatskappy registrasienr. 2002/015373/07

Ooreenkomstige PDF: 2008-09-30 08:45:00+02:00