Pad-aanwysings vanaf Pretoria en Witbank na Waterbok Gastehuise Ontvangs:
- Vanaf Pretoria: Ry met die N4 deurpad Oos in die rigting van Witbank.
-
Kortste pad na die N4 vanaf Wilgers Hospitaal:
- Ry oor Lynnwoodweg Noord met Simon Vermootenweg tot by die N4
-
Kortste pad na die N4 vanaf Pretoria-Oos Hospitaal:
- Ry vanaf die hospitaal regs (Oos) met Garsfonteinweg tot by De Villebois Maqreuil Rylaan (net voor winkelsentrum)
- Draai links (Noord) en ry aan verby Woodhill en volg pad met boog na links (Wes) tot by Hans Strydom-laan
- Draai regs (Noord) in Hans Strydom-laan en ry tot by die N4
-
Alternatiewe pad na die N4 vanaf Pretoria-Oos Hospitaal:
- Ry vanaf die hospitaal links (Wes) met Garsfonteinweg tot by Hans Strydom-laan
- Draai regs (Noord) in Hans Strydom-laan en ry tot by die N4
Vanaf Witbank / Bronkhorstspruit: Ry met die N4 deurpad Wes in die rigting van Pretoria
- Draai by die Cullinan, Rayton / Babsfontein afrit af op die R515 na Bapsfontein.
- Ry Suid op die R515 vir ongeveer 0,6km vanaf die op- en afritte aan die Suidekant van die deurpad
- Draai regs (Wes) af op die smal teerpad na Kleinfontein.
(By die afdraai is ook 'n bord van Radio Pretoria en 'n groot bruin bord van Galagos).
- Volg die pad vir ongeveer 2km tot by die Kleinfontein sekuriteitshek en verkry toegang.
- Draai net na die toegangshek links (Suid) in Wildparkweg.
Behalwe die pad-naambord is daar ook 'n Waterbok Gastehuise bord wat die afdraaiplek aandui.
Wildparkweg is 'n wildpark grondpad met 'n spoedgrens van 30km/h - vir u eie en die wild se veiligheid!
- Na ongeveer 1km en net na die eerste dam aan die regterkant van die pad is 'n T-aansluiting van links (Oos) met 'n Waterbok Gastehuise aanwysingsbord. Draai daar links.
- Waterbok Gastehuise Ontvangs is in die eerste huis aan die linkerkant ('n dubbel-verdieping huis).
Pad-aanwysings vanaf Bapsfontein na Waterbok Gastehuise ontvangs:
- Ry met die R25 Noord-Oos in die rigting van Bronkhorstspruit tot by die T-aansluiting van links met die R515.
- Draai links (Wes) in die R515 na Cullinan / Rayton.
- Ry tot ongeveer 0,6km vanaf die N4 en draai links (Wes) in die smal teerpad na Kleinfontein.
- Sien die aanmerking na punt 4 in die pad-aanwysings vanaf Pretoria en Witbank en volg verder die instruksies vanaf punt 5.
Pad-aanwysings vanaf Waterbok Gastehuise Ontvangs na die woon-eenhede:
- Ry aan met die pad verby Waterbok Gastehuise Ontvangs en verby die Britse Diamond Hill militêre begraafplaas aan die linkerkant.
- By die eerste drif in 'n kort stuk teerpad is 'n aanwysingsbord wat na die Waterbok GasteTuiste aan die regterkant van die pad wys.
- Ongeveer 30m verder in die teerpad, net na die tweede drif, is die groen geboë dak van die "A" en "B" woon-eenhede aan die regterkant van die pad sigbaar.
- Die teerpad hou hier op en die wild-weiding strek dan weer tot teen die pad.

Padkaart

Terrein-kaart
InnoTech Dynamics Web-Ontwerp InnoTech Dynamics Web Design