Waterbok Wildpark GasteTuiste

Tuisblad

Akkomodasie

Etes

Tariewe

Kontak-inligting

Soek

English

Pad-aanwysings

Verblyf-aansoek

Verblyfvoorwaardes

PDF Dokumente

Ligging en Omgewing

Geleë in die Kleinfontein-veiligheidsgebied, binne 'n wild-omheining

Heelparty historiese besienswaardighede in die omgewing

'n Terrein met ryke kultuur-historiese erfenisse

Toegangspoort met 24 uur toegangsbeheer

Waterbok Wildpark GasteTuiste is op 'n terrein met ryke kultuur-historiese erfenisse, die sentrale gevegsterrein van die Slag van Donkerhoek tydens die Anglo-Boere-oorlog.

Benewens die Boere-gedenknaald en die Diamond Hill Britse gedenktekens in die skadu van Radio Pretoria se uitsaaitoring, is daar ook nog talle duidelike oorblyfsels van die laaste konvensionele veldslag van die Tweede Vryheidsoorlog (Anglo-Boereoorlog) 1899-1902.

Op die koppies Noord van die gastehuise is oorblyfsels van skanse wat in die veldslag gebruik is.

Ander kultuurhistoriese erfenis-terreine is in die naby-geleë Cullinan en Bronkhorstspruit omgewings te vinde.

Toerisme-kaart

Toerisme-kaart

Kaart in drukker-vriendelike formaat

Sowat 20 minute vanaf Pretoria met die N4 deurpad.

Ook maklik bereikbaar vanaf die Oos-Rand en internasionale lughawe via die R51 en R515 roetes oor Babsfontein

Naby die besigheidsentrum van die Rayton dorpsgebied.

Pad-aanwysings

Kom span uit in ons private en goed toegeruste woon-eenhede, waar jy batterye kan herlaai of ongesteurd in kleingroep-verband jou planne vir die toekoms van jou onderneming kan uitwerk.

InnoTech Dynamics Web-Ontwerp InnoTech Dynamics Web Design